Offbeat
Weird Wide Web: Hengelaar vang grootste goudvis ooit─── 15:36 Fri, 25 Nov 2022

Die Britse hengelaar Andy Hackett het die grootste goudvis ooit gevang! Die helderoranje vis heet "Die Wortel" en weeg amper 30kg.
Na 'n stryd van bykans 25 minute het die Britse hengelaar Andy Hackett 'n kolossale goudvis, met die bynaam "Die Wortel" gevang, wat die skaal op 'n verbysterende 30kg getrek het.
Die reusevis is glo die tweede grootste van haar soort wat nog ooit gevang is, volgens BlueWater-meer, die vissery in Frankryk se Champagne-streek waar die reus woon.
Hackett het die vis, 'n baster van 'n leerkarp en 'n koikarp, op 3 November 2022 gevang.
"Met gewone visse sukkel jy om hulle te sien as hulle net onder die oppervlak is, maar Die Wortel se helder oranje kan jy dit nie mis nie," het Hackett aan BBC gesê. "Dit is 'n baie gesogte vis, nie baie hengelaars het dit al gevang nie want dit is nogal ontwykend."
BlueWater-meer bied hengelaars 'n privaat plek om visse wat meer as 23kg weeg, te vang. Sommige visse weeg selfs meer as 40kg in te trek.
"Ons het Die Wortel sowat 20 jaar gelede hier vrygelaat as iets anders vir besoekers om te hengel. Sedertdien het dit gegroei en gegroei, maar dit kom nie gereeld uit nie," sê die vissery se bestuurder, Jason Cowler. "Dit is nie die grootste inwoner in die meer nie, maar verreweg die mees uitstaande."