On Now
Weekdays 19:00 - 22:00
OFM Nights Ashmund
Show Background
NEXT: 22:00 - 23:59 Overnight with OFM
Listen Live Streams

Offbeat

Weird Wide Web: Eier val uit die ruimte - sonder 'n krakie!

───   15:19 Tue, 29 Nov 2022

Weird Wide Web: Eier val uit die ruimte - sonder 'n krakie! | News Article
FOTO: Mark Rober/YouTube

Die voormalige Nasa- en Apple-ingenieur, Mark Rober, het 'n eier die ruimte ingestuur om te kyk wat sal gebeur as "Hompie Kedompie" op die aarde val.

Volgens Unilad, het die eierval-eksperiment 'n kontrepsie benodig wat 'n eier kan huisves en veilig kon hou nadat dit van die hoogste hoogte af laat val is. 

Baie van julle het dit dalk op skool gedoen en 'n waardevolle les geleer oor die gemors wat eiers kan maak wanneer hulle stukkend op die vloer val.

Mark se eerste plan was om 'n eier van die wêreld se hoogste gebou, die Burj Khalifa in Dubai, te gooi maar het daarteen besluit (want wat as iemand 'n hoër gebou as die Burj Khalifa bou?)

 

Hy het besluit om dit 'n stappie verder te neem en eerder 'n eier uit die ruimte te laat val.  Die oud-Nasa-ingenieur se plan was om 'n eier in 'n vuurpyl te pas en dit in 'n weerballon na die ruimte te vlieg, waarna die vuurpyl terug na die aarde sou val.


Die idee was dat die eiervuurpyl op 'n sagte landingsplatform sou land sodat die eier nie met impak breek nie. 

Mark het die eier vir sy ruimtereis geïsoleer sodat dit nie op die rand van die ruimte vries en kraak nie. 

Die eksperiment was ampertjies 'n ramp ná probleme met die weerballon, maar die uiteinde was dat Hompie Kedompie veilig en sonder 'n krakie geland het. 

Lees meer hier.


@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.