On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki and JayBee
Show Background
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Offbeat

Weird Wide Web: Begrawe virus bedreig Zombie-apokalips

───   15:13 Wed, 14 Dec 2022

Weird Wide Web: Begrawe virus bedreig Zombie-apokalips | News Article

’n Bevrore virus wat in 48 000 jaar oue ys in Rusland gevind is, het vrese vir ’n "zombie"-uitbraak laat ontstaan nadat die ys begin smelt het.

Volgens mirror.co.uk, is die virus in bevrore Siberiese grond gevind en hoewel dit nie mense affekteer nie, beïnvloed dit wel amoeba en bestaan die vrees dat dit kan muteer en aansteeklik raak.

Die virus is vir 'n wetenskaplike studie uit die ys gehaal. Soos wat die aarde verhit, begin baie van hierdie bevrore plekke smelt. Virusse kan selfs die moeilikste toestande oorleef en vir duisende jare vasgevang wees in temperature onder nul grade Celsius.

Altesame 13 nuwe virusse is deur navorsers van die Franse nasionale sentrum vir wetenskaplike navorsing geïdentifiseer, insluitend een wat byna 50 000 jaar oud is.

Die virus, bekend as pandoravirus, besmet net enkelsel-organismes en behoort geen bedreiging vir mense in te hou nie – maar een het aansteeklik gebly ná meer as 48 500 jaar.

Die mikrobioloog Jean-Marie Alempic, wat die studie lei, waarsku dat beperkte navorsing oor "lewende" virusse wat in bevrore grond voorkom, gedoen is.

Die navorsers beweer dit "dui verkeerdelik daarop dat sulke gebeurtenisse skaars is en dat 'zombievirusse' nie 'n bedreiging vir openbare gesondheid inhou nie".

“Weens klimaatsverhitting word organiese materiaal, wat vir tot ’n miljoen jaar bevrore was, vrygestel. Meeste ontbind in koolstofdioksied en metaangas, wat die kweekhuiseffek verder versterk."

Lees meer hier.

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.