On Now
Weekdays 22:00 - 23:59
Overnight OFM
Show Background
NEXT: N/A N/A with N/A
Listen Live Streams

Offbeat

Weird Wide Web: Polisie beboet ‘Seuss-pisieuse’ motoris

───   15:16 Thu, 15 Dec 2022

Weird Wide Web: Polisie beboet ‘Seuss-pisieuse’ motoris | News Article
Dié motoris het nie die polisie met sy Grinch-passasier oortuig nie. FOTO: Mirror

'n Motoris is in Arizona in die VSA deur die polisie voorgekeer en beboet nadat hy opgemerk is waar hy alleen met 'n verdagte passasier in die baan ry wat bedoel is vir voertuie met meer as een insittende.

Volgens die Mirror is die motoris voorgekeer nadat dit geblyk het dat sy passasier eintlik 'n lewensgrootte opblaasbare Grinch-pop was. Hoewel die polisie die snaakse kant daarvan ingesien het, is hy steeds beboet omdat hy onwettig in 'n baan vir hoë-besettingsvoertuie gery het.

'n Woordvoerder het later 'n verklaring belaai met woordspelings vrygestel, wat lui: "Verlede week het 'n Arizona-polisielid 'n motoris in die baan vir hoë-besettingsvoertuie met 'n Seuss-pisieuse passasier in s motor opgemerk". 

"Die polisielid het die motoris voorgekeer en vasgestel die norse groen ou in die passasiersitplek was in werklikheid 'n opblaasbare Grinch. Geen ander passasiers nie.

“Terwyl ons die feestelike flair waardeer, is dit onwettig en die bestuurder het ’n boete vir die oortreding ontvang.

"Met ekstra verkeer op paaie hierdie tyd van die jaar, maak seker dat jy die wet verstaan. Moenie met 'n Grinch gevang word nie!"

In Arizona is bane vir hoë-besettingsvoertuie 'n kalmerende verkeersmaatreël en word gebruik om die hoeveelheid motors op die pad te probeer verminder. 

Lees meer hier.

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.