On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki and JayBee
Show Background
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Offbeat

Weird Wide Web: 12-jarige ontwerp ‘n eetbare waterbottel

───   15:03 Fri, 16 Dec 2022

Weird Wide Web: 12-jarige ontwerp ‘n eetbare waterbottel | News Article
Madison Checketts

Nadat sy gesien het hoe plastiekbottels haar gunstelingstrande jaar na jaar besoedel, het Madison Checketts besluit dis tyd om iets daaromtrent te doen en 'n eetbare waterbottel ontwerp.

Volgens 'n artikel in die Smithsonian-tydskrif, is Madison Checketts mal oor die strand vir so lank sy kan onthou. Maar toe sy dele van die kus rondom Escondido in Kalifornië tydens jaarlikse gesinsvakansies besoek het, kon sy nie anders as om al die plastiekwaterbottels op te merk wat die sand en see besoedel nie. 

"Die strand is een van my gunsteling-plekke om na toe te gaan, en toe ek sien hoe dit alles met plastiekbottels bestrooi is, het ek gevoel dit moet verander," sê Madison.

Nadat sy meer geleer het oor plastiekbesoedeling en maniere om dit te verminder, het sy die 'Eco-Hero' ontwerp, 'n gelatienagtige waterbottel wat ook eetbaar is. 

Sy het in 2021 met dié projek begin as deel van haar laerskool se wetenskap-uitstalling, waarna sy haar skool by die distrik se wetenskap-uitstalling verteenwoordig het. Sy het daarna die eerste plek by haar staat se wetenskap-uitstalling verower en só deurgedring na 'n nasionale kompetisie. 


Madison is in September aangewys as een van 30 finaliste in die 2022 Broadcom Meesters-kompetisie, die land se voorste wetenskap-, tegnologie-, ingenieurswese- en wiskunde-kompetisie vir middelskoolleerlinge.

Daar was sy omring deur ander jong uitvinders wat projekte ontwerp het soos 'n afstandbeheerde robothand wat in natuurramp-situasies gebruik kan word, en 'n voetbeheerde verwelkomingsmat wat vir mense met artritis kan help om 'n deur oop te sluit. 

Lees meer hier.


@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.