On Now
Weekdays 18:00 - 19:00
OFM Business Hour Olebogeng
Show Background
NEXT: 19:00 - 22:00 OFM Nights with Ashmund
Listen Live Streams

Offbeat

Weird Wide Web: Tegnologie om potplante aan die lewe te hou

───   15:52 Wed, 04 Jan 2023

Weird Wide Web: Tegnologie om potplante aan die lewe te hou | News Article

Stel jou voor dat jou binnenshuise potplant vir jou kan sê of dit water, sonlig of dalk meer skadu nodig het, alles deur middel van 'n app!

Hier stap jy huis toe met jou nuwe huisplant in jou hande. Jy sit dit in die mooiste hoekie van jou huis neer, gee 'n tree terug en glimlag soos 'n nuwe ouer wat met verwondering na sy baba kyk. 

'n Paar weke gaan verby, die blare begin geel word, jy probeer nuwe lewe daarin blaas met kunsmis en water maar dit help net mooi niks.

Ons almal was al skuldig aan die dood van 'n onskuldige plant, nie waar nie? Maar daar is 'n oplossing - 'n oulike uitvindsel wat enige plant aan die lewe kan hou. 

'Mu Design' het met 'n briljante idee vorendag gekom om mense regoor die wêreld te help om hul binnenshuise plante lewendig en gelukkig te hou deur hulle in "troeteldiere" (dink Tamagotchi) te verander - deur via 'n slim plantpot te kommunikeer.

Al wat jy hoef te doen is om jou foon met die pot te verbind deur ’n slimtoepassing af te laai, ’n QR-kode te skandeer en te bepaal watter soort plant dit is. 

Die skerm op die plantpot het 15 verskillende emosies wat plante se basiese behoeftes, soos "meer sonskyn" of "minder water" oordra. Lees meer hier.


@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.