Offbeat
Weird Wide Web: DNS-toets wys ‘identiese’ mans is nie verwant─── 15:34 Wed, 11 Jan 2023
Hierdie twee bofbalspelers lyk nie net identies nie, maar hulle het albei dieselfde loopbaan, hou van dieselfde dinge en speel presies dieselfde posisie vir hul onderskeie spanne. Maar is hulle verwant?
Hier het ons vir Brady Feigl, 'n 1,93m-lange bofbalspeler met rooi hare, 'n rooi baard en dikraambril wat hom maklik herkenbaar maak. En daar het ons vir Brady Feigl, 'n 1,93m-lange bofbalspeler met rooi hare, 'n rooi baard en dikraambril.
Die natuurlike vraag is of hulle verwant is, dalk langverlore broers? Dalk 'n tweeling wat met geboorte geskei is?
Die twee Feigl's het self daaroor gewonder en 'n DNS-toets laat doen om vir eens en altyd agter die kap van die byl te kom.
Dit sou beslis nie die eerste keer wees dat twee langverlore broers (of susters) eenderse lewens lei nie.
Een van die bekendste voorbeelde hiervan was die 'Jim-tweeling', 'n identiese tweeling wat by geboorte geskei is en vir aanneming geplaas is voordat hulle mekaar later in hul lewens ontdek het.
Toe hulle uiteindelik herenig is, het hulle besef hulle het dieselfde belangstellings gehad, albei het 'n broer genaamd Larry gehad, 'n hond genaamd Toy, 'n eerste vrou genaamd Linda en 'n tweede vrou genaamd Betty. Hulle het selfs hul eersgebore seuns dieselfde naam gegee, en het van dieselfde soort bier en sigarette gehou.

Die twee Brady's was egter nie 'n 'Jim-tweeling' nie. DNS-toetse het aan die lig gebring dat hierdie byna identiese ouens wat byna identies leef, toe eintlik nie verwant aan mekaar was nie.
Hul grootste ooreenkoms was dat hul albei van Germaanse afkoms was, met albei wat as 53% Germaanse oorsprong geregistreer het, maar op elke ander maatstaf was hulle anders en dus nie langverlore broers nie. .
Die hoop op 'n ongelooflike familie-reünie is van die baan, maar die twee Brady's sê hulle is bly hulle het mekaar ontmoet en sê hulle is 'nog steeds broers op 'n manier', so dit lyk asof hulle nuwe vriende gemaak het, wat lekker is. Lees meer hier.
