On Now
Weekends 20:00 - 23:59
Saturday Nights OFM
Show Background
NEXT: N/A N/A with N/A
Listen Live Streams

Offbeat

Weird Wide Web: Meisie vra DNS-toets om Kersvader te bewys

───   15:18 Mon, 23 Jan 2023

Weird Wide Web: Meisie vra DNS-toets om Kersvader te bewys | News Article
Die briefie waarin die meisie die polisie se hulp vra met Kersvader se DNS. FOTO: npr.com

Die Cumberland-polisiestasie in Rhode Island in die Verenigde State het 'n ongewone versoek ontvang: om 'n DNS-toets op 'n halfgeëte koekie te doen om te bewys dat Kersvader wel bestaan.

'n Polisiestasie in Cumberland in Rhode Island het kort na Kersfees 'n handgeskrewe briefie van 'n 10-jarige meisie ontvang waarin sy vra dat 'n DNS-toets gedoen word om te bewys dat Kersvader werklik bestaan.

Die meisie het die polisie gevra om 'n DNS-toets uit te voer op 'n gedeeltelik geëte koekie en wortel wat vermoedelik deur Kersvader en sy rendiere op Oukersaand geëet is. 

Die polisie sê in 'n verklaring dat die oorskietkos na die staat se departement van forensiese wetenskappe vir ontleding gestuur is.

"Hierdie jong dame het duidelik 'n skerp sin vir waarheid en die ondersoekproses en het hard gewerk om haar bewyse voor te lê," sê Cumberland se polisiehoof, Matthew J. Benson. “Ons sal ons bes doen om antwoorde vir haar te verskaf.”

Die polisie kon 'n foto van 'n ongeïdentifseerde persoon "ter ondersteuning van Kersvader se teenwoordigheid in haar woonbuurt" verskaf, en het inwoners gevra om ingeskakel te bly vir meer inligting. Lees meer hier.

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.