Offbeat
Weird Wide Web: Die vrou wat verslaaf is aan matrasse eet─── 15:16 Tue, 31 Jan 2023
Ons almal is verslaaf aan iets, meestal gewone dinge soos videospeletjies speel of gaskoeldrank drink, maar in dié vrou se geval is dié 'iets’ om matrasse te eet.
Die vrou, net bekend as Jennifer, het onlangs op die TLC-program My Strange Addiction verduidelik dat sy ongeveer 'n vierkante voet (sowat 30 vierkante sentimeter) se matras per dag eet. “Ek hou van my matras net so doodgewoon, geen mayonnaise of botter nie.”
Sy vertel dat haar matras-eetgewoonte begin het toe sy op vyfjarige ouderdom die spons van haar sitplek in die gesin se motor begin eet het. Sy het sedertdien haar eie matras geëet en daarna aan haar ma se matras begin peusel.
"Van al die newe-effekte wat mens van matras eet kan kry, is gas dalk die enigste wat jy sal hê. Dit gaan my liggaam binne en verlaat my liggaam."
Hoewel Jennifer nog nie gesondheidsprobleme ontwikkel het nie, hou haar verslawing die risiko van lewerskade of blokkasie in haar ingewande in, wat lewensgevaarlik kan wees.
Tydens haar verskyning op My Strange Addiction is sy gewaarsku oor die moontlike dodelike risiko van haar gewoonte en het sy onderneem om dit te verander.
LEES OOK: What's on the menu - Kaasburgerpasta
Om eerlik te wees, is dit nie die vreemdste eetgewoonte wat ons al gesien het nie.
Michel Lotito, ook bekend as “Monsieur Mangetout”, was bekend daarvoor dat hy kos eet wat regtig nie kos was nie, en het op 'n stadium 'n hele vliegtuig oor die loop van twee jaar geëet.
Hy is daarvoor met die Guinness-wêreldrekord vir die "vreemdste dieet" bekroon. Dokters het vasgestel dat hy 'n eetversteuring bekend as “pica” het – wanneer 'n persoon lus het om dinge te eet wat nie kos is nie. Lees meer hier.
