Offbeat
Weird Wide Web: Dié advertensie toets of jy swanger is─── 14:53 Wed, 01 Feb 2023
Die Sweedse meubelmaker Ikea se bemarkingsafdeling verdien ‘n prys vir dié "goue" idee waarmee hulle vorendag gekom het om 'n babawiegie te bemark.
'n Advertensie wat Ikea in die Sweedse Amelia-tydskrif geplaas het, is ook ... ta-da! ‘n Swangerskaptoets!
En boonop kom jy in aanmerking vir ‘n laer prys as jy wel positief toets.
Al wat jy hoef te doen is – vir diegene wat nie weet hoe ‘n swangerskaptoets werk nie - om op die tydskrifadvertensie te piepie – ja, dis hoe dit werk.
Jy hoef darem nie met die stuk papier by Ikea opdaag nie want die prys op die advertensie verander na die afslagprys indien jou urine aandui dat jy wel swanger is.
Maar soos meeste advertensies, is daar die fynskrif: Jy kom slegs in aanmerking vir die afslagprys as jy ‘n lid van Ikea se lojaliteitsprogram én gesinsklub is.
En as jy nie is nie, kon jy darem gratis uitvind of jy swanger is, of nie.
