On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki and JayBee
Show Background
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Offbeat

Weird Wide Web: Checkers laat expats huis toe verlang

───   15:50 Fri, 10 Feb 2023

Weird Wide Web: Checkers laat expats huis toe verlang | News Article

Moet nooit sê dat Checkers nie patrioties is nie. Die kettingwinkelgroep het onlangs advertensies in koerante in Brittanje en Australië geplaas om expats te herinner aan hul wonderlike geboorteland.

Die winkelgroep het wel geen winkels in dié lande nie. Die advertensies, in The London Evening Standard en The Sydney Herald, wys hoeveel goedkoper produkte hier ter plaatse is as daar doer oorsee.

"Ons wil die Suid-Afrikaners wat in beide die Verenigde Koninkryk en Australië woon, herinner dat ons land 'n wonderlike plek is om te woon, en Checkers maak die lewe hier nog beter," sê Mike Middleton, hoofbemarkingsbeampte vir Checkers.

“As dit by goeie kos en wyn kom, is die gras beslis nie groener aan die ander kant van die see nie.”

Die advertensies wys presies hoeveel goedkoper dit is om produkte, van luukse Moët & Chandon-sjampanje tot alledaagse wasgoedkapsules - om nie van rypgemaakte kruisskyf te vergeet nie - hier in goeie ou Suid-Afrika kos, in vergelyking met oorsese kettingwinkels soos Marks & Spencer, Tesco en Waitrose in Brittanje en Coles, Aldi en Woolworths in Australië.

By Checkers kos ’n bottel Moët & Chandon byvoorbeeld R408 minder as by Woolworths in Australië en R288 minder as by M&S in Brittanje.

Die advertensie vryf dit ook onder verplaasde Suid-Afrikaners se neuse dat Checkers in die ses maande van Julie tot Desember 2022 sy klante ‘n stewige R2,7 miljard op hul kruidenierswarerekening met sy besparingsprogram gespaar het.

"Checkers verkoop nie net kruideniersware nie", sê Middleton oor die advertensies. "Ons verkoop 'n beter leefstyl". Lees meer hier.

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.