Offbeat
Weird Wide Web: ‘Hou links, gaan regs verby’ vir satelliete─── 15:19 Wed, 15 Feb 2023
Die Amerikaanse regering het die maatskappy LeoLabs, wat ruimtelike karteerdienste verskaf, gewerf om te help om ‘n verkeerstelsel vir die ruimte te ontwerp.
In gewone taal: LeoLabs moet ‘n stelsel uitwerk om te voorkom dat die duisende satelliete wat om die aarde wentel, teen mekaar bots. Amper soos lugverkeerbeheer by lughawens, net met baie meer "vliegtuie" en ‘n baie groter aanloopbaan.
Volgens Female First sal die beplande stelsel die bewegings van satelliete naspoor en operateurs in kennis stel wanneer dit lyk asof 'n satelliet met ‘n ander satelliet of ruimterommel gaan bots.
Die operateurs sal dan die satelliet se roete kan aanpas om ‘n botsing te vermy. (Klink soos ‘n goeie idee vir ‘n fliek, of wag ... Armageddon).

Tans wentel daar ongeveer 8000 satelliete om die aarde, maar minstens 33 000 sal binne die volgende 10 jaar in 'n wentelbaan wees terwyl ongeveer 400 000 vir lansering goedgekeur is.
“Maatskappye weet dat as hul satelliet weens ‘n botsing uit sy wentelbaan beweeg, hul sakeplanne in die wiele gery kan word,” sê die hoof van LeoLabs, Dan Ceperley.
"Hulle is tikkende tydbomme."
Lees meer hier.
