Offbeat
Weird Wide Web – Baas betaal werker in 'eie munt terug'─── 15:10 Mon, 20 Feb 2023
'n Man in die VSA was nie beïndruk – om die minste te sê – toe hy sy laaste salaristjek in ‘n vrag oliebedekte pennies betaal is. Laat ‘n mens dink aan daardie gesegde “in eie munt terugbetaal”.
Andreas Flaten van Fayetteville het vir ‘n motorwerktuigkundige gewerk toe hy besluit het om twee weke kennis te gee weens “’n toksiese werksomgewing”.
Sy baas, Miles Walker, was na bewering só ontsteld oor Flaten se bedanking dat hy niks gesê het nie, hom vir ‘n minuut aangestaar het, by die deur uitgestap en verdwyn het.
Flaten het verwag om sy laaste salaristjek te ontvang nadat sy tyd by die maatskappy twee weke later tot 'n einde gekom het. Maande later, toe die $915 (sowat R16 500) wat hy deur Walker verskuldig was nog nie opgedaag het nie, het hy die Georgia Departement van Arbeid vir hulp gekontak.
LEES OOK: Charan Moore tells The Joyride about his Dakar victory
Die maatskappy het nog ‘n ruk lank betaling weerhou totdat Flaten op ‘n dag ‘n stapel slymerige pennies in sy huis se oprit gevind het.
Dit het gelyk asof die munte met olie of ghries bedek was. Boonop was sy laaste betaalstrokie in 'n koevert waarop 'flip jou' voorop geskryf is.

Flaten het aan Fox 13 News gesê: "Dit was nou 'n kinderagtige ding om te doen."
Hy het die pennies met 'n oplossing van skottelgoedseep, asyn en water probeer skoon kry.
"As ek my wiskunde reg doen, behoort 91 515 pennies - teen twee en 'n half gram elk - ongeveer 504 pond (230 kg) te weeg."
Flaten sê dit het hom sowat 'n uur en 'n half geneem om ‘n paar honderd van die munte skoon te maak. “Dit is baie werk vir geld waarvoor ek reeds gewerk het.
"Dit gaan dae neem om al hierdie geld skoon te maak. Dit is beslis nie regverdig nie."
Toe hy oor die pennies uitgevra is, het Flaten se eks-baas, Walker, aan WGCL-TV gesê “Hy is betaal, dit is al wat saak maak."
Flaten sê hy is ook bekommerd dat die ghries of olie op die pennies skadelik vir die omgewing kan wees.
’n Varswaterspruit lê sowat 30 m van sy huis af, en hy is bekommerd dat die ghries van sy oprit af in die water kan beland.
“Die hele beproewing was een groot gemors van begin tot einde.” Klik hier vir meer oor hierdie storie.
