On Now
Weekdays 22:00 - 23:59
Overnight OFM
Show Background
NEXT: N/A N/A with N/A
Listen Live Streams

Offbeat

Weird Wide Web – Vrou onbewus sy is Siri se stem

───   15:15 Wed, 01 Mar 2023

Weird Wide Web – Vrou onbewus sy is Siri se stem | News Article
Susan Bennet is die oorspronklike Siri. FOTO: youtube/com/user/@susancbennett

Die vrou wat haar stem aan die oorspronklike Siri verleen het, sê sy het destyds geen idee gehad wat sy eintlik opgeneem het nie. Susan Bennett het in 2005 nie eens as ‘n stemakteur gewerk nie maar het klingels vir radioadvertensies gesing.

Sy het by 'n musiekateljee in Atlanta gewerk toe 'n stemakteur nie opgedaag het nie, en dit is hoe sy per ongeluk met oorklanking (voice over) begin het. “Op 'n dag, terwyl ek besig was met ‘n opname, het 'n stemakteur vir 'n ander advertensie nie opgedaag nie. Die eienaar van die ateljee het gesê, ‘Susan, jy het nie 'n aksent nie. Kom hier en neem hierdie kopie op.'

"Dit het goed gegaan, ek het 'n stemafrigter gekry, en dit was die begin van alles."

Dit was in 2005, ses jaar voordat Apple sy virtuele assistent, Siri, aan die wêreld bekend gestel het. Susan sou nooit kon raai dat haar stem een van die mees herkenbare klanke op die planeet sou word nie.  “Ek het 'n geleentheid gekry om ‘n interaktiewe stemreaksie vir ‘n maatskappy, ScanSoft (nou Nuance) op te neem.

"Ek het gedink die draaiboek sou bestaan uit algemene gesegdes, soos 'dankie dat u gebel het' of 'skakel asseblief een'. “In plaas daarvan moes ek onsinnige sinne lees soos ‘cow hoist in the tug hut today’ of ‘say shift fresh issue today’ – hulle het probeer om al die klankkombinasies in die Engelse taal te kry.

Lees ook: André Botha van Sarza vertel van ervaring in Turkye

“Hulle het my ook die name van adresse en strate laat lees. “Ek het vir die hele maand van Julie, vier ure per dag, vyf dae per week van die huis af opgeneem. Die eerste honderd sinne was prettig en interessant, maar daarna het dit redelik vermoeiend geraak."

Ses jaar later het ‘n mede-stemakteur vir haar 'n e-pos gestuur en gesê: 'Haai, ons speel met hierdie nuwe iPhone - is dit nie jy nie?'

“Ek het geen idee gehad waarvan hulle praat nie. Ek is dadelik na Apple se webwerf om te luister en het dadelik geweet dit is my stem.”

Omdat haar stemwerk plaasgevind het voordat Apple se persoonlike assistent geskep is, is sy nooit deur hulle betaal nie, maar het ook geen ooreenkoms onderteken nie, wat beteken dat Bennett – en die Siris van ander lande – uiteindelik hul vreemde roem vir persoonlike gewin kon aanwend.

“Ek het op TV-programme verskyn, 'n TEDx-praatjie aangebied en oor die radio gepraat. Dit is nie iets wat ek myself ooit 15 jaar gelede sou sien doen het nie, maar dit was regtig pret."

Deesdae is Siri opgedateer sodat dit nie meer haar stem is nie, wat beteken dat sy uiteindelik die diens kan gebruik. "Ek het nooit met Siri gepraat toe sy my stem gehad het nie - dit was net te vreemd."

Lees meer hier.

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.