Click on the warning image to view this post
Offbeat
Weird Wide Web - Polisie krap krop oor 'Scream'-karakter op straat─── 15:19 Thu, 02 Mar 2023
'n Persoon geklee as die "Ghostface"-moordenaar van die Scream-fliekfranchise wat op straat gesien is, het tot verskeie benoude 911-noodoproepe in Kalifornië aanleiding gegee.
Volgens UPI het die Sonoma-polisiedepartement verskeie 911-oproepe Maandag ontvang oor ‘n “verdagte persoon in ‘n gruwelkostuum” wat op 'n straathoek langs Sonoma Plaza staan.
Die polisie het vasgestel die persoon is gehuur om op oorspronklike wyse die jongste aflewering in die franchise te bemark.
“Hierdie individu is gekontak en dit blyk hy is deur ’n maatskappy gehuur om die kostuum aan te trek en Paramount se nuwe Scream-fliek só bekend te stel,” het die departement in ’n Facebook-plasing gesê.
Scream VI, die nuutste film in die reeks, word op 10 Maart vrygestel.
Sonoma Plaza het 'n geskiedenis met die franchise: tonele vir die oorspronklike 1996 Scream-fliek is hier verfilm.