On Now
Weekends 00:00 - 05:00
Early Mornings OFM
Show Background
NEXT: 05:00 - 06:00 Opstaan with OFM
Listen Live Streams

Offbeat

Weird Wide Web – Blaas jou skulp soos trompet, wen prys

───   15:12 Tue, 07 Mar 2023

Weird Wide Web – Blaas jou skulp soos trompet, wen prys | News Article
Michael Wachter (links) en Georgann Wachter tree tydens die Conch Shell Blow Contest op. FOTO: huffpost.com

Om op ‘n konkskulp soos ‘n trompet of ‘n fluit te blaas is so ‘n gewilde tydverdryf in die Amerikaanse Key West dat dit vyf dekades gelede tot ‘n jaarlikse kompetisie gelei het.

Vanjaar se wenners is Carol Whiteley, al die pad van Ontario in Kanada, wat die vroue-afdeling met ‘n lang, harde blaas op haar skulptrompet gewen het, en Brian Cardis van Georgia, wat die mansafdeling gewen het deur die liedjie ‘Fins’ op ‘n pienk-gestreepte skulp met gate daarin te speel. 

Carol sê sy blaas saans by haar huis op haar skulp om die sonsondergang te vier. Brian sê hy het sowat 10 jaar gelede tydens 'n besoek aan die Key West-eilande die inwoners nageboots en op ‘n konkskulp begin blaas. 

Hy het mettertyd tegnieke toegepas wat hy as kind geleer het toe hy trompet gespeel het. "Jy moet soort van jou lippe vibreer wanneer jy daarin blaas," sê hy. "Maak 'n 'pffft'-geluid met jou lippe om die klank te genereer."

Die beoordelaars van die konkskulpblaas-kompetisie het deelnemers, wat wissel van kinders tot seniors, geëvalueer op die kwaliteit, nuutheid, duur en hardheid van klanke wat hulle voortbring.

Lees ook: Weird Wide Web - Polisie krap krop oor 'Scream'-karakter op straat

Die konkskulp is vir eeue in die streek gebruik as ‘n toestel waarmee seine oor die see gestuur is, en die eilandgroep het later in die volksmond as die Konkrepubliek begin bekend staan.

Die Konkskulpblaas-kompetisie word sedert 1972 jaarliks by ‘n museum in Key West aangebied.  

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.