On Now
Weekdays 19:00 - 22:00
OFM Nights Ashmund
Show Background
NEXT: 22:00 - 23:59 Overnight with OFM
Listen Live Streams

Offbeat

Weird Wide Web – Skandemakers gestraf met dompeling in rivier

───   15:18 Thu, 09 Mar 2023

Weird Wide Web – Skandemakers gestraf met dompeling in rivier | News Article

‘n Stad in Italië het die jaarlikse gebruik om mense wat drooggemaak het (gewoonlik ‘n politikus), of bloot irriterend is (ook, meestal politici) as straf in ‘n traliehok te sit en in die rivier te dompel.

Deesdae word dit net vir die pret gedoen en behels gewoonlik ‘n vinnige dip in die water, maar vir ‘n groot deel van die vorige millennium was dit ‘n doodstraf vir diegene wat skuldig bevind was aan godslastering.

Die waterdompelingstraf word die 'Tonca' genoem en dit vorm deel van die Vigilian-vieringe wat die stad Trento elke jaar in Junie hou.

Die vieringe is om Saint Vigilio, die beskermheilige van die stad, te vereer. Een van die hoofattraksies is wanneer bekende figure van Trento, wat deur die jaar skande oor die stad gebring het, voor die Boetehof gedaag word.

Sommige sal onskuldig bevind word en 'n dompeling in die rivier gespaar word, maar die skuldiges kry die Tonca as straf.

Dikwels is dit politici wat dié straf toegedien word, want as daar mos nou vir ‘n sondebok gesoek word, is dit gewoonlik ... 'n politikus.

Verlede jaar is ses mense skuldig bevind terwyl vyf ander van ‘n dompeling in die Adigerivier gered is. Die skuldiges word egter gou weer uit die rivier gehaal, pleks van (soos in die verre verlede), daar te bly totdat die plaaslike inwoners seker is hulle is dood en hul hok wil terughê.

Die Tonca het onlangs opslae op TikTok gemaak, met talle mense vanoor die wêreld wat dink dit is ‘n goeie plan om hul eie plaaslike moeilikheidmakers ‘n les of twee te leer.

Lees meer hier: 

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.