On Now
Weekdays 00:00 - 05:00
Early Mornings OFM
Show Background
NEXT: 05:00 - 06:00 The Agri Hour with Michael
Listen Live Streams

Offbeat

Weird Wide Web – Geen sjefs by dié restaurant, net oumas!

───   15:13 Fri, 10 Mar 2023

Weird Wide Web – Geen sjefs by dié restaurant, net oumas! | News Article
Die ouma-sjefs van Enoteca Maria. FOTO: today.com/food

‘n Restaurant op Stateneiland in New York bedien die lekkerste kos, maar het nie een sjef nie – net oumas wat vir klante dié kos maak wat hulle vir hul kinders voorgesit het, voordat hulle die huis verlaat het om hul eie gesinne te begin.

Die eienaar, Joe Scaravella, het die restaurant, Enoteca Maria, in 2007 begin nadat sy eie “nonna” oorlede is. Hy wou daardeur sy Italiaanse erfenis vereer en hulde bring aan sy ouma, ma en suster wat ook intussen oorlede is.

“Dit was ‘n hartseergedrewe besluit. Ek het geen sakeplan gehad nie. Ek het geen ondervinding gehad nie. Ek het nooit eers in 'n restaurant gewerk nie, ek het geen idee gehad wat ek doen nie,” onthou hy.

Kort nadat hy die restaurant geopen het, het hy sy kombuis vir die nonnas van die wêreld oopgestel. Eers was net streng Italiaanse oumas in die kombuis toegelaat en later oumas van regoor die wêreld.

Met dekades en dekades se ondervinding tussen hulle, sê die “sjefs” van Enoteca Maria dat hulle almal van kleins af by hul ouers geleer het hoe om te kook.

LEES OOK: Deon Lotz op The Joyride: "Komedie maak die werk baie lekkerder"

Vir diegene wat ‘n gunsteling-ouma (behalwe hul eie, natuurlik) het, het die restaurant ‘n kalender wat klante vertel watter ouma op watter dag kos gaan maak.

Die vroue wat die kombuis beman kom uit plekke soos Bangladesj, Algerië, Trinidad, Sirië, Argentinië, die Dominikaanse Republiek, Japan, Belarus, Pole, Frankryk en natuurlik Italië.

“Talle van hierdie vroue het leë neste. Hul mans is oorlede, hul kinders het uitgetrek. Hulle soek eintlik net ‘n plek waar hulle vir ander mense kan kosmaak soos hulle vir hul gesinne gekook het, en dit kry hulle hier,” sê Scaravella.

En soos ware oumas, word alle klante met ‘n warm omhelsing begroet voordat hulle aansit vir ‘n ete wat so tuisgemaak is as wat kan kom.

Lees meer hier.

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.