On Now
Weekdays 19:00 - 22:00
OFM Nights Ashmund
Show Background
NEXT: 22:00 - 23:59 Overnight with OFM
Listen Live Streams

Offbeat

Weird Wide Web – Twitter stuur nou poef-emoji’s op medianavrae

───   15:11 Wed, 22 Mar 2023

Weird Wide Web – Twitter stuur nou poef-emoji’s op medianavrae | News Article
FOTOKREDIET: GuruHiTech

Elon Musk het Sondag aangekondig dat hy die poef-emoji as 'n outomatiese antwoord op alle navrae van die media gestel het.

Die stap kom nadat Musk in een van sy afleggingsrondes van Twitter se kommunikasiespan ontslae geraak het. As 'n joernalis dus nou navrae aan press@twitter.com rig, kom 'n outomatiese antwoord in die vorm van 'n poef-emoji terug.

En natuurlik het dit nie lank geneem voordat joernaliste besef het dat hulle hope pret hiermee kan hê nie.

Vraag aan Twitter: "Hallo, op soek na 'n eerlike antwoord: hoe is dit om op die oomblik by Twitter te werk?"

Antwoord van Twitter: [poef-emoji].

Vraag: "Hallo mediaspan, ek weet julle is baie besig, maar sou dit moontlik wees om 'n vinnige opmerking te kry oor wat julle van die Twitter-hoof dink?"

Antwoord: [poef-emoji].

Vraag: "Ek weet dit is onortodoks, maar sal die Twitter-mediaspan bereid wees om Elon Musk se gunsteling fetisj te deel?"

Antwoord: [poef-emoji].

O, die pret wat mens kan hê.

Sedert die Tesla- en SpaceX-hoof by Twitter oorgeneem het, het hy 'n paar taamlik ongewone dinge gedoen, insluitende om  personeel eers af te dank en dan weer aan te stel, om op sy eerste dag by Twitter met 'n wasbak by die hoofkantoor op te daag - baie goed, baie slim, haha - en nou die poef-emoji as outo-antwoord op medianavrae.

Lees ook: Weird Wide Web – Só kom Barbie tot Nasa se redding

Een van die wêreld se rykste mans maak poefgrappe op Twitter.

Met sy oorname van Twitter het Musk gesê hy wil Twitter ‘'n bastion van vrye spraak” maak en die poef-emoji val beslis binne daardie kategorie.

Lees meer hier: https://www.unilad.com/news/elon-musk-twitter-poop-emoji-622315-20230320

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.