Offbeat
Weird Wide Web - *&%# is 'die beste medisyne'─── 15:12 Thu, 30 Mar 2023

'n Nuwe meningsopname in Brittanje het bevind dat 64% van die mensdom vloek om pyn te probeer verlig. Neurowetenskaplikes het aan die lig gebring dat dit eintlik voordelig is (al wil jou ma jou mond met seep uitwas).
Die gewildste vloekwoord nadat jy jou toon gestamp het, is f***, met 52% van die mense wat aan die opname deelgeneem het, wat sweer dit is die doeltreffendste metode om pyn te verlig. Ander gewilde vloekwoorde sluit in s*** (50%), bleddie hel (25%) en damn (23%).
Die gemiddelde Britse persoon vloek nege keer per dag en 69% van die deelnemers het saamgestem dat dit 'n kragtige ding is om te doen.
Neurosielkundige dr. Rachel Taylor sê: "Die wetenskap toon dat wanneer mense vloek, dit die amigdala kan aktiveer wat op sy beurt 'n veg-of-vlug-reaksie veroorsaak. Dit lei dan tot 'n oplewing in adrenalien, 'n natuurlike vorm van pynverligting.
LEES OOK: The Tooth Fairy visits Nkanyi on The Joyride
"Interessant genoeg, navorsing dui ook daarop dat konvensionele vloekwoorde beter is vir pynverligting as nuwe woorde.
“Gereserveerde mense wat slegs vloek wanneer hulle seerkry, ervaar die vloekwoord méér pynstillend as wanneer jy ‘n produktiewe vloeker is - jy kan immuun word teen die pynverligting van vloek as jy baie vloek."
Lees meer hier: