On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki and JayBee
Show Background
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Offbeat

Weird Wide Web – Man oorleef op dieet van Paaseiers

───   15:08 Mon, 03 Apr 2023

Weird Wide Web – Man oorleef op dieet van Paaseiers | News Article
Krediet: ladbible.com

Teen die tyd wat die res van die mensdom met die aanbreek van Paasfees hul eerste paaseier eet, het ‘n Britse man, wie se liggaam net sekere kosse kan verteer, reeds meer as 250 paaseiers weggesit.

Ashley Kean (30) van West Yorks sê sy liggaam kan net sekere goed verteer en daardie lys is baie kort: sjokolade, kapokaartappels, Yorkshire-poeding en vrugte.

Elke jaar tussen Januarie en April eet hy net sjokolade-eiers.

“My dieet is nogal vervelig en nie iets wat ek geniet nie. Ek kan nie maaltye saam met my twee kinders eet nie, so ons kan nie uitgaan vir gesinsetes en sulke goed nie. Dit is geweldig frustrerend, veral met Kersfees.

“Van Januarie tot April eet ek meer as die 250 paaseiers, tussen drie en ses per dag, afhangend van hoe honger ek word."

Foto krediet: ladbible.com

Kean se kort koslys het begin nadat hy as baba van melk gespeen is en elke nuwe soort kos wat hom gevoer is, opgegooi het.

Nadat hy soveel keer opgegooi het, het hy 'n afkeur ontwikkel om nuwe kossoorte te probeer en het hy liewer by kosse gehou wat hy weet verteer kan word.

Hy sê hy het baie mediese toetse gedoen om te sien of dit iets met sy ingewande te doen het en of dit sielkundig is.

"Wanneer Paasfees aanbreek, eet ek al byna vier maande lank Paaseiers. Ek word nogal moeg daarvoor.

“Aan die buitekant lyk ek soos 'n normale 30-jarige. Dit is neerdrukkend, maar dit is iets waarmee ek nog altyd saamgeleef het.

“Die hoeveelheid sjokolade wat ek eet, is nie normaal nie maar tog is ek nie diabeties nie. Baie mense wil weet hoekom ek nie so groot soos 'n huis is as ek heeltyd sjokolade eet nie?”

Dokters wat Kean getoets het, het bevestig dat hy gesond is en dat al sy bloeddruk- en suikervlakke perfek is.

Lees ook: Weird Wide Web - *&%# is 'die beste medisyne'

Hy eet geen vleis, groente of wegneemetes nie. “Ek is mal oor kapokaartappels maar eet nie skyfies of gebakte aartappels nie. Ek het oor die jare verskillende kosse probeer om my dieet te verander, maar is bang om siek te word. Ek haat dit om siek te wees en wil myself nie daardeur sit nie."

Lees meer hier: https://www.ladbible.com/news/man-forced-to-eat-a-diet-of-chocolate-easter-eggs-970004-20230403

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.