On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki and JayBee
Show Background
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Offbeat

Weird Wide Web - Bevrore embrio-tweeling net 3 jaar jonger as hul ma

───   15:11 Tue, 04 Apr 2023

Weird Wide Web - Bevrore embrio-tweeling net 3 jaar jonger as hul ma | News Article
Beeldkrediet: CNN

'n Tweeling is gebore uit embrio's wat 30 jaar gelede, in die vorige millennium, gevries is. Hul ma is net drie jaar ouer as hulle – tegnies gesproke.

Volgens unilad.com het ’n ma van ses, Rachel Ridgeway, lewe geskenk aan die tweeling wat oorspronklik in April 1992 in 'n laboratorium gevries is.

Die twee nuwe bondeltjies vreugde hou glo nou die rekord vir die langste bevrore embrio's wat, volgens wat bekend is, tot 'n geboorte gelei het.

Rachel en haar man Philip het swanger geraak 'n hele drie dekades nadat die embrio's die eerste keer by die Nasionale Embrioskenkingsentrum gevries is. Die tweeling se biologiese ouers, wat anoniem gebly het, het hul oorblywende embrio's aan die sentrum geskenk nadat hulle deur 'n rondte van in vitro-bevrugting (IVF) gegaan het.

Lees ook: Weird Wide Web – Tiener oorkom tragedie danksy liefde vir boeke

Dit is saam met duisende ander embrios in vloeibare stikstof gestoor - die twee suksesvolle embrio's het uiteindelik 'n geboorte tot gevolg gehad.

Rachel, nou 34, het verlede jaar (31 Oktober) op 37 weke en twee dae, lewe geskenk aan Timothy, wat 2,9kg geweeg het, en Lydia, wat net 2,5kg was.

“Ek was vyf jaar oud toe God lewe aan hierdie embrio’s gegee het,” het Philip verlede jaar aan Insider gesê.

Die pa het die hele situasie beskryf as 'n oorweldige gedagte, en bygevoeg: “Byna almal met wie ons gepraat het, sukkel om dit te verstaan.”

Die egpaar het hul vierde kind in 2020 verwelkom en kort daarna besluit om 'n bevrore embrio aan te neem om nog 'n kind te verwek.

Lees meer oor hierdie wêreldrekord van 'n storie hier: https://www.unilad.com/community/twins-born-30-year-old-frozen-embryos-rachel-ridgeway-3-years-older-571695-20230401


@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.