Offbeat
Weird Wide Web - Verjaarsdagman ontmoet Lord of Rings-held─── 15:20 Tue, 18 Apr 2023
Verbeel jou jy trek aan soos een van jou gunstelingkarakters uit ’n rolprent, en dan ontmoet jy die regte akteur.
Ben Coyles en sy vriende het sy 22ste verjaarsdag in Bristol, Engeland,gaan vier deur by verskeie kroeë te gaan kuier. Hy was geklee as Gandalf van Lordof the Rings, en het toevallig vir sir Ian McKellen raakgeloop, wat die rol van dié legendariese towenaar vertolk het.
Ben is ’n musiekstudent aan die Universiteit van Bristol, en terwyl hulle in die straat geloop het, het iemand hom gevra of hy nie die regte Gandalf wil ontmoet nie.
“Ek het hom nie dadelik herken nie, maar groot was my verbasing toe ek besef dit is regtig sir Ian McKellen,” sê hy.
“Hy het my gelukgewens met my verjaarsdag en gevra hoe oud ek is.”
Hy sê hy was so verbaas dat hy nie geweet het wat om te doen of te sê nie.
Lees ook: Weird Wide Web - Navorsers bevind almal met blou oë is ‘familie’
“Ons het geen idee gehad dat hy in daardie straat sou loop nie. As ek tien meter voor hom geloop het sou dit nooit gebeur het nie. Hy is ‘n baie gawe en nederige man en ek sou graag vir hom ’n drankie wou koop.
Gelukkig was sy vriend Felix Spencer (21), daar om die oomblik te verfilm.
McKellen was in Bristol om die pantomime Mother Goose saam met die komediant John Bishop by die Bristol Hippodrome op te voer.
Lees meer hier: Bloke dressed as Gandalf stunned after bumping into Sir Ian McKellen on pub crawl (ladbible.com)
