Offbeat
Weird Wide Web - Navorsers bevind almal met blou oë is ‘familie’─── 15:11 Mon, 17 Apr 2023

Almal met blou oë, het ’n gemeenskaplike voorouer wat tussen 6 000 en 10 000 jaar gelede geleef het.
As jy ver genoeg teruggaan in jou stamboom, sal jy waarskynlik uitvind dat jy verwant is aan ’n paar baie interessante mense.
Mense met blou oë het die HERC2-geen, wat die blou kleur bepaal.
Die geen word, met presies dieselfde mutasie van een generasie na die volgende oorgedra. Navorsers van die Universiteit van Kopenhagen in Denemarke, het die aanvanklike mutasie geïdentifiseer en bepaal dat dit teenwoordig is in almal met blou oë. Die ander mense het die OCA2-geen, wat die bruin pigment in hul oë bepaal.
Elke mens bly egter uniek, maar daar is steeds eienskappe wat jy met baie mense wêreldwyd gemeen sal hê. Selfs al het jy al jou sogenaamde dubbelganger ontmoet.
Die navorsers het ook bevind dat dit nie waar is dat alle baba se oogkleur blou is nie. Dit is wel waar dat babas se oogkleur mettertyd kan verander.
Lees ook: Weird Wide Web - Vrou se liefdadigheidstuin met sout vernietig
Aangesien hierdie gemeenskaplike voorouer duisende jare gelede geleef het, hoef jy nie nou verplig te voel om vir tussen 8% en 10% van die wêreld se bevolking elke jaar ’n Kerskaartjie te stuur nie. Lees meer hier.