On Now
Weekdays 19:00 - 22:00
OFM Nights Ashmund
Show Background
NEXT: 22:00 - 23:59 Overnight with OFM
Listen Live Streams

Offbeat

Weird Wide Web - A nee a, waar is my reën?

───   15:18 Wed, 26 Apr 2023

Weird Wide Web - A nee a, waar is my reën? | News Article
Uitstalbeeldkrediet: Twitter/ @d_a_v_y__

Mense wonder of ons almal regtig net in 'n simulasie leef nadat ons 'n video gekyk het wat blykbaar wys dat reën op een spesifieke plek val.

A nee a, waar is my reën?


As jy op die regte plek in die Rue du Château, in die Franse hoofstad, Parys, gestaan het, kon jy weens 'n buitengewone stortreën sopnat gewees, terwyl almal om jou kurkdroog was.


Video’s van die buitengewone verskynsel wys dat dit moontik ’n wolk was nie behoorlik “gefunksioneer” het nie. Swaar reën het net op ’n sekere plek op die pad geval, terwyl voetgangers doodluiters verbystap.

Sommige mense het na die lug gekyk om te bepaal waar die reën vandaan kom, maar sonder enige sukses. Dit het die internet behoorlik aan die raai gehad.


In die video kan jy sien dat die sypaadjie en dele van die pad rondom die stortreën droog is. Dit beteken die reënval het net op een spesifieke plek voorgekom.


Dit is ’n vreemde verskynsel omdat reën gewoonlik oor ’n groter deel val. Dus word daar vermoed dat dit ’n los wolk was.


Baie mense het vergelykings getref met The Truman Show, spesifiek die deel waar dit net op Truman Burbank (Jim Carrey) reën omdat sy hele lewe 'n simulasie is wat net om hom draai.

Iemand het selfs genoem dat hulle daar was en 'n GIF uit die fliek gedeel.

As dit die antwoord is, is dit nogal teleurstellend dat ons planeet se hele bestaan alles 'n simulasie is.

Een persoon sê dit bewys 'ons is die regte Sims', hoewel ander beweer  'ons leef almal in 'n simulasie'.

Daar is selfs diegene wat glo dat dit net God was wat sy blaas op die wêreld leeg gemaak het, terwyl ander sê dit is moontlik dat die water van een van die geboue se dakke afgespuit het.

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.