Offbeat
Weird Wide Web - Maan kan jou dié naweek bietjie pla─── 15:14 Thu, 04 May 2023
As jy enige geloof in die sterre plaas, of selfs as jy dit nie doen nie, gaan hierdie naweek blykbaar 'n chaotiese een wees.
'n Astroloog van Absolute Soul Secrets, Rose Smith, het saam met die Daily Mail gaan uitvind wat die sterre vir die toekoms inhou.
Blykbaar gaan die komende volmaan en die maansverduistering die lewe vir almal bietjie moeilik maak.
"Astrologies word die volmaan met ons emosies verbind. Dit is 'n tydperk wanneer ons probleme uit ons onderbewussyn moet hanteer, maar die maansverduistering in die sterreteken van die Skerpioen, gaan beteken dat ons onderdrukte emosies navore gaan kom,” sê Smith.
"Maansverduisterings verteenwoordig vroulike energie en duur gewoonlik nie so lank soos sonsverduisterings nie, maar dit beteken nie dat maansverduisterings minder kragtig is nie. Hulle kan selfs op kort termyn kragtiger wees. So let op na jou emosies."
Kyk na die onderste video as jy belangstel in astrologie en die maanverduistering.
O, lekker. Die maansverduistering sal Vrydag om 17:51 in Suid-Afrika begin en tot 21:31 duur. Die beste tyd om na die skouspel te kyk is om 19:22.
Nog ’n probleem is dat Mercurius van rigting verander. Smith waarsku mense om in die tydperk nie groot besluite te neem nie.
“Wees voorbereid op wankommunikasie en misverstande in verhoudings, asook probleme met tegnologie," sê sy. "Dit is ook nie 'n goeie tyd om te reis of om belangrike dokumente te onderteken nie."
Lees meer hier: Astrologer says this weekend's Flower Full Moon and lunar eclipse is bad news for couples (ladbible.com)
