On Now
Weekdays 22:00 - 23:59
Overnight OFM
Show Background
NEXT: N/A N/A with N/A
Listen Live Streams

Offbeat

Weird Wide Web - Hi Kyle, Texas soek jou dringend

───   15:20 Mon, 15 May 2023

Weird Wide Web - Hi Kyle, Texas soek jou dringend | News Article
Uitgestalte beeldkrediet: news.sky.com

Die stad Kyle doen ’n beroep op naamgenote wêreldwyd om hom te help om 'n rekord te verbeter vir die grootste byeenkoms van Kyles.

Dié stad in die Amerikaanse deelstaat Texas hoop om duisende mense met die voornaam Kyle bymekaar te bring om die Guinness-wêreldrekord vir die grootste byeenkoms van mense met dieselfde naam te verbeter. In die stadium is die huidige rekordhouers – Ivan.


In 2017 het 2 325 Ivans in Kupreski Kosci in Bosnië bymekaargekom om die kroon op te eis.  Die stad Kyle hoop dat meer by die "Great Gathering of Kyles" sal opdaag. Die jaarlikse Kyle Fair vind later die maand plaas.


Op Facebook het "The Call of the Kyles" geskryf: "Om ’n kans te hê om hierdie rekord te verbeter, het ons Kyles van heinde en verre nodig om deel te neem.


"Ons het lang Kyles, kort Kyles, jong Kyles en ou Kyles nodig."


Dit is die vierde keer dat die stad Kyle probeer om die rekord te vebeter.  Maar daar is streng reëls oor wie in aanmerking kom om ’n Kyle in die rekordpoging te wees.

Advertensie:

Jou voornaam moet Kyle wees en net so gespel word. Geen ander variasies van die naam sal toegelaat word nie.


"Ons kan nie middelname of vanne aanvaar nie," sê die organiseerders.
"So as jy Kyler, Kiel of Kylee is kan jy nie in aanmerking kom nie. "Kyles van alle ouderdomme kan deelneem."


Die geleentheid het selfs die ondersteuning van 11 000 op Reddit gekry - 'n plek vir "Kyles en Kyle- entoesiaste" - wat skakels gedeel het om die wêreldrekordpoging te bevorder.

Die "Great Gathering of Kyles" vind op 21 Mei plaas. Die Kyle Fair duur drie dae en daar is musiek, pretritte, asook ’n ribkookkompetisie.

"Alle Kyles wat deelneem, sal 'n gratis T-hemp en lekkernye ontvang. Kyle Daniel sal ook vir hulle sing.”

Diegene met die naam Kyle moet ’n bewys van identifikasie saambring en ’n adres, geldige e-posadres of telefoonnommer kan verskaf.

Lees meer hier: The battle of Kyle and Ivan: How a city in Texas is aiming to claim a world record for gathering the most number of Kyles | US News | Sky News

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.