On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki and JayBee
Show Background
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Offbeat

Weird Wide Web - Vrou oorleef vyf dae op wyn

───   15:39 Tue, 16 May 2023

Weird Wide Web - Vrou oorleef vyf dae op wyn | News Article
Uitgestalte beeldkrediet: makrovektor op Freepik

’n Vrou in Australië wat ’n verkeerde afdraai geneem het, moes vir vyf dae in die bos oorleef voordat sy gered is.

Lillian Ip van Australië het nie water by haar gehad nie – net ’n boks sap, ’n bietjie lekkernye en ’n bottel wyn wat sy as geskenk vir haar ma gekoop het.  Ip drink gewoonlik nie alkohol nie, maar hierdie keer moes sy.
“Ek het gedink ek gaan daar buite sterf,” het sy later aan 9News gesê.

Lillian (48) het in ’n beboste en onbewoonbare gebied in die staat Victoria beland toe sy verkeerd afgedraai het.  Sy het haar motor probeer omdraai, maar dit het in die modder vasgesit.


Daar was ook nie sein nie en haar selfoon was buite werking. Sy is ná vyf nagte deur ’n reddingshelikopter gevind. Lillian sê sy wou moed opgee en het ’n brief aan haar familie geskryf om te sê sy is lief vir hulle.

Lees ook: Weird Wide Web - GESOEK: 'Purr-fekte oppasser vir spesiale kat

Ip is sowat 60 km van die naaste dorp gevind en kon weens gesondheidsprobleme nie loop om hulp te gaan soek nie. Die polisie sê omdat sy in haar motor gebly het, het dit gehelp om haar makliker te kry.

Die eerste ding waarvoor sy gevra het, was water en ’n sigaret. Sy is vir waarneming na die hospitaal geneem, maar is gou ontslaan. 

“Volgende keer sal ek beter voorbereid wees,” sê sy.

Lees meer hier: Wine Helps Woman Survive Five Days in Australian Bush | Engoo Daily News

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.