On Now
Weekdays 19:00 - 22:00
OFM Nights Ashmund
Show Background
NEXT: 22:00 - 23:59 Overnight with OFM
Listen Live Streams

Offbeat

Weird Wide Web - ‘Twee miljoen liter water in ruil vir selfoon’

───   15:13 Mon, 29 May 2023

Weird Wide Web - ‘Twee miljoen liter water in ruil vir selfoon’ | News Article

’n Indiese regeringsamptenaar is geskors nadat hy beveel het dat ’n reservoir gedreineer word sodat hy sy foon kan vind.

SkyNews  berig die voedselinspekteur Rajesh Vishwas se Samsung-slimfoon het in die Kherkattadam in Chhattisgarh beland, terwyl hy ’n selfie geneem het. 

The Times of India sê oor drie dae is meer as twee miljoen liter water uit die reservoir gepomp sodat hy dit kon terugkry. Vishwas het beweer daar is sensitiewe regeringsdata op sy selfoon en het eers duikers gevra om na die selfoon te soek.

Toe hulle dit nie kon kry nie, het hy gevra dat die reservoir met dieselpompe leeggemaak word. 

Die water sou genoeg wees om minstens 1 500 hektaar te besproei.  Vishwas het aan verslaggewers gesê die water kon nie vir besproeiing gebruik word nie en hy het toestemming van ’n senior amptenaar gekry om die reservoir leeg te maak. Ná dit alles wou die selfoon nie aanskakel nie.

Lees meer hier: https://news.sky.com/story/indian-official-drains-reservoir-to-find-phone-after-dropping-it-while-taking-selfie-12891434

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.