On Now
Weekdays 09:00 - 12:00
Mid-Morning Magic Yolanda
Show Background
NEXT: 12:00 - 15:00 At Lunch with Anny
Listen Live Streams

Offbeat

Weird Wide Web - Vrou vertel van haar ondervinding met weerlig

───   15:10 Mon, 12 Jun 2023

Weird Wide Web - Vrou vertel van haar ondervinding met weerlig | News Article
Uitstalbeeldkrediet: ladbible.com: Youtube/The Weather Channel/Alexandre Bringer/Pexels

'n Vrou wat jare gelede deur ’n weerligstraal getref is, sê sy kan nou aanvoel sodra ’n storm op pad is.

Kimberly Krone voel alles behalwe soos ’n superheldin met buitengewone kragte. Sy het in 2009 by haar huis in Forney in die Amerikaanse deelstaat Texas in haar kombuis ontbyt vir haar ses kinders gemaak.

Daar was ’n geweldige storm en skielik het sy twee harde geluide gehoor. Sy is getref deur die weerligstraal wat deur die kombuislig gekom het. Dit het ook die pan in haar hand getref en sodoende herlei na haar borskas. Sy het wonderbaarlik oorleef.


"Ek kan die pyn en branderige reuk onthou. Dit het gevoel of ek aan die brand was en al waaraan ek kon dink was dit gou verby moet wees."

Haar seun Tristan het dadelik 911 gebel en gesê weerlig het deur die plafon gekom en sy ma het baie pyn. In die opname van die oproep kan gehoor word hoe hy smeek dat sy ma nie moet doodgaan nie


’n Ander weerligstraal het hul rekenaar getref en laat ontplof. ’n Kwartier later het paramedici opgedaag en haar na die hospitaal geneem. Daar was probleme met haar sentrale senuweestelsel en sy het ook paniekaanvalle gekry.


Daar was later vasgestel dat meer as 1 200 weerligstrale die omgewing binne vyf minute getref het.


 Nou, jare later vertel sy van die blywende gevolge wat sy oorgehou het.
Sy het aan ABCNews gesê: “Ek kry steeds baie seer. My bors trek saam as ’n storm op pad is, veral as dit nader kom. Ek sal altyd bang en senuagtig wees as ek ’n weerligstraal sien.”

 Lees meer heir:  https://www.ladbible.com/news/woman-lightning-strike-storms-coming-us-news-texas-988602-20230611



@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.