Offbeat
Weird Wide Web - Dooie Belg leer sy familie ’n lewensles’─── 15:11 Thu, 15 Jun 2023
’n Man het sy eie dood vervals en almal verras deur by sy eie begrafnis met ’n helikopter op te daag.
Die TikTok-inhoudskepper David Baerten (45) van België, sy vrou en kinders het besluit om sy familie en vriende ’n les te leer. Baerten sê hy wou vir sy geliefdes leer dat dit belangrik is om in kontak met mekaar te bly.
“My familie maak my hartseer,” het hy aan The Times gesê. "Ek word nooit na enigiets genooi nie. Niemand sien my nie. Ons het almal uitmekaar gedryf en ek het gevoel hulle waardeer my nie meer nie.
"Daarom wou ek hulle ’n lewensles leer en vir hulle wys dat jy nie moet wag totdat iemand dood is om hulle te ontmoet nie."
Sy dogter het selfs ’n boodskap op sosiale media geplaas: "Rus in vrede, Pappa. Ek sal nooit ophou om aan jou te dink nie.
“Hoekom is die lewe so onregverdig? Hoekom jy? Jy sou ’n oupa word, en jy het nog jou hele lewe voor jou gehad. Ek het jou lief! Ons is lief vir jou! Ons sal jou nooit vergeet nie.”
Dit klink amper soos ’n toneel uit die TV-reeks Friends.
Baerten het verlede naweek sy begrafnis naby Liege, België, gehou. Hy het die begrafnisgangers groot laat skrik toe hy sy opwagting in ’n helikopter gemaak het.
’n TikTok-gebruiker het ook ’n video gemaak van hoe hy land en hoe baie sy familie en vriende oorweldig was en na hom gegaan het. ’n Man het selfs op sy skouer gehuil.
Lees ook: Conspiracy Corner - We might have found the location of the Mona Lisa painting!
Baerten het aan Daily Mail gesê dat net die helfte van sy familie opgedaag het. Dit het aan hom bewys wie regtig vir hom omgee.
"Diegene wat nie gekom het nie, het my gekontak om te ontmoet. So op ’n manier het ek gewen," sê hy.
Lees meer hier: https://www.ladbible.com/news/man-fakes-his-own-death-and-shows-up-to-his-own-funeral-787141-20230614
Nie almal stem egter met hom saam nie. Gebruikers op sosiale media beskryf dit as wreed.
Lees meer hier: https://www.ladbible.com/news/man-fakes-his-own-death-and-shows-up-to-his-own-funeral-787141-20230614
Op Twitter sê iemand: "1) *Sy eie dood vir #inhoud vervals 2) Die gevolge van hierdie 'poets' moes daartoe gelei het dat hy EINTLIK ’n begrafnis nodig gehad het. ’n Ander een het opgemerk: "Dit is waarskynlik hoekom hulle nie in kontak gebly het nie."
