On Now
Weekdays 19:00 - 22:00
OFM Nights Ashmund
Show Background
NEXT: 22:00 - 23:59 Overnight with OFM
Listen Live Streams

Offbeat

Weird Wide Web - Britse man durf hoogste gebou in Seoel aan sonder toerusting

───   15:09 Tue, 20 Jun 2023

Weird Wide Web - Britse man durf hoogste gebou in Seoel aan sonder toerusting | News Article
Uitstalbeeld: huffpost.com

’n Britse man is in Seoel in aanhouding nadat hy Maandag meer as halfpad teen die wêreld se vyfde hoogste wolkekrabber geklim het.

Meer as 90 lede van die nooddienste en polisie is Maandag na die Lotte World Tower in Seoel gestuur nadat ’n man opgemerk is wat sy lyf Spiderman hou.

Die gebou van 123 verdiepings is 555 meter hoog en die wêreld se vyfde hoogste gebou.

George King-Thompson Tower van Brittanje was al by die 72ste verdieping voordat iemand agtergekom het, hy klim teen die gebou op sonder enige veiligheidstoerusting.

Amptenare het hom met die hulp van steierwerk terug in die gebou gekry. King-Thompson is ’n vryklimmer en wou van die boonste vloer afspring waarskynlik met ’n valskerm. 

King-Thompson is in 2019 in hegtenis geneem nadat hy teen die Shard in Londen opgeklim het, dit is Brittanje se hoogste wolkekrabber van 310 meter. Die eienaars het ’n saak van betreding teen hom aanhangig gemaak en hy is tot ses maande tronkstraf gevonnis, maar is ná drie maande vrygelaat.

Lees ook: Weird Wide Web -Moenie kosbare asem van ruimtevaarder mors nie

In 2021 het hy Stratosphere Tower, ’n woonstelblok in die Stratford-woonbuurt in Oos-Londen, in minder as ’n halfuur uitgeklim. Hy het op dié gebou besluit ná kitsvloede en wou mense bewus maak van klimaatsverandering.

Die polisie in Seoel het bevestig hulle het hom in hegtenis geneem, maar het nie verdere besonderhede verskaf nie.

Die Lotte Property & Development in Seoel sê King-Thompson het net ’n snywond op sy regterknie opgedoen.

In 2018 is Alain Robert van Frankryk, bekend as "Spiderman" vir sy waaghalsige toertjies, ook aangehou nadat hy tot by die 75ste verdieping van die Lotte World Tower geklim het. Lotte-amptenare sê hy is later vrygelaat en is weg uit Suid-Korea nadat hulle aan die polisie gesê het hulle wil nie ’n saak aanhangig maak nie. 

Dit is nog onseker wat met King-Thompson gaan gebeur.

Lees meer heir:  https://www.huffpost.com/entry/south-korea-skyscraper-climber_n_64873693e4b0756ff85f06af



@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.