On Now
Weekdays 19:00 - 22:00
OFM Nights Ashmund
NEXT: 22:00 - 23:59 Overnight with Oscar
Listen Live Streams

Offbeat

Weird Wide Web - Teddiebeer op Skotse berg gered

───   15:13 Wed, 19 Jul 2023

Weird Wide Web - Teddiebeer op Skotse berg gered | News Article
Voorgestelde beeldkrediet: Sky News

Alastair Tyson het gevrees dat Mini Tyson vir ewig verlore sou wees nadat hy die teddiebeer op 9 Julie op die kruin van Buachaille Etive Beag agtergelaat het.

Ons almal het ’n gunsteling-speelding wat vir ons kosbaar is. Alastair Tyson was  daarom hewig ontsteld toe sy teddiebeer op ’n berg vergeet is. Die teddiebeer vergesel hom op al sy avonture – selfs op sy wittebrood.

Volgens Sky News was die teddiebeer al in Rome, Florence, Venesië, Frankryk en oral in Engeland. Ai, en toe kon die arme teddiebeer nie na New York gaan nie.


Tyson (33) oorspronklik van Castle Douglas in Skotland het tien jaar gelede vir Mini Tyson by ’n skoolkermis gewen toe hy nog ’n onderwyser was. Min het hy geweet hoe spesiaal die teddiebeer nog sou word totdat hy hy hom vergeet het. Dit was te laat om hom te gaan haal omdat hy sy trein sou verpas. Alastair en sy vrou is lief om Munro-berge uit te klim. Dit is al die berge in Skotland wat hoër as 914,4 meter is.


“Ek was ’n bietjie deurmekaar omdat ek pas van die berg afgekom het. Ek was fisiek baie moeg en emosioneel. As daar tyd was sou ek hom beslis gaan haal het,” sê hy. Tyson is op sosiale media ingelig dat die teddiebeer gevind is – al is hy ná ’n week in die buitelug bietjie nat..

Lees ook: Weird Wide Web - Pienk Barbie-koors tref Brasilië

Tyson kan nie wag dat Mini Tyson weer terug by die huis is nie. Die persoon wat die teddiebeer gevind het, het besluit om die geld wat hy as beloning gekry het aan ’n plaaslike speelgroep te skenk.

Lees meer: https://news.sky.com/story/globe-trotting-teddy-bear-rescued-from-scottish-mountain-near-glencoe-after-being-left-behind-12922789

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.