On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki and JayBee
Show Background
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Offbeat

Weird Wide Web - Pienk Barbie-koors tref Brasilië

───   15:15 Tue, 18 Jul 2023

Weird Wide Web - Pienk Barbie-koors tref Brasilië | News Article

’n Bekende kitskos-franchise in Brasilië het besluit om die koms van die langverwagte Barbie-rolprent op ’n glansryke wyse te vier!

Burger King in Brasilië vier die rolprentvervaardiger Greta Gerwig se Barbie met ’n Barbie-burger. Die kitskosgroep het dit op Instagram aangekondig. Die maaltyd bestaan uit ’n spek-en-kaasburger met ’n rokerige pienk sous, Ken se aartappelskyfies en ’n vanielje-melkskommel waarby Nesquik se aarbeigeur ingeroer is. Die melkskommel word versier met ’n pienk oliebol. Dit kom alles in die spesiale Barbie Land-boks. “Nee, dit is nie plastiek nie, dit is regte kos,” lui die Instagram-inskrywing.

Die rolprent en Burger King se promosie het sosiale media behoorlik aan die gons.

Barbie is van 21 Julie in rolprentteaters in Suid-Afrika te sien.


@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.