On Now
Weekdays 19:00 - 22:00
OFM Nights Ashmund
Show Background
NEXT: 22:00 - 23:59 Overnight with OFM
Listen Live Streams

Offbeat

Weird Wide Web - Drywende huise is die toekoms

───   15:10 Tue, 25 Jul 2023

Weird Wide Web - Drywende huise is die toekoms  | News Article
Uitgestalde beeldkrediet: engoo.com

Wetenskaplikes meen om stygende seevlakke te voorkom moet ons geboue gebruik wat op water dryf.

Nasa se data toon dat die seevlakke sedert 1993 met byna 10 cm gestyg het. Wetenskaplikes sê dit kan mettertyd met meer as 2 m styg.  Dit is ’n ernstige probleem omdat dit die gevaar inhou dat gebiede naby oseane kan oorstroom. Die oplossing is dalk om geboue te gebruik wat op die water dryf en saam met die veranderende seevlakke op en af kan beweeg.

Nederland het gevorderde maniere om oorstromings te bekamp want daar sonder sou ’n derde van die land onder water gewees het. Hy gebruik al meer drywende geboue.
Die stad Rotterdam is die tuiste van die wêreld se grootste drywende kantoorgebou, asook ’n drywende plaas.

Lees ook: Conspiracy Corner - Unidentified object washes up on an Australian beach

In die noordelike deel van die hoofstad, Amsterdam, is Schoonschip – ’n woonbuurt waar meer as 140 mense in drywende huise woon.  Die woonbuurt is op ’n kanaal gebou en het 30 geboue insluitende ’n ruimte waar vergaderings gehou kan word. Schoonschip is ontwerp om volhoubaar te wees. Elke gebou het sy eie verhittingspomp en sonpanele en inwoners deel fietse, motors en kos. “Ek dink dit is nogal vreemd dat die bou op water nie wêreldwyd ’n prioriteit is nie,” het Siti Boelen, inwoner van Schoonschip, aan Yale Environment 360 gesê.

Nederlandse ingenieurs werk aan verskeie oorsese projekte en ’n drywende stad in die Maldives word ook beplan. Dit het wel sy nadele ook. Die drywende huise het baie meer instandhouding nodig en sterk wind of stormagtige weer kan hulle heen en weer laat wieg. Belis nie vir jou as jy maklik naar of seesiek word nie!

Lees meer:  https://engoo.com/app/daily-news/article/floating-houses-the-answer-to-rising-sea-levels/SqUjLg_TEe6RYcP0RJ4Zzg


@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.