On Now
Weekdays 05:00 - 06:00
The Agri Hour Michael
Show Background
NEXT: 06:00 - 09:00 The Good Morning Breakfast with Shandor, Margaret and John
Listen Live Streams

Offbeat

Weird Wide Web - PETA eis dat man sy kroeg se naam verander

───   15:08 Wed, 02 Aug 2023

Weird Wide Web - PETA eis dat man sy kroeg se naam verander | News Article
Mike Newton weier om die naam van sy Pub te verander nadat PETA hom gevra het. Foto: ladbible.com

’n Britse man is omgekrap omdat diereregte-aktiviste druk op hom wil plaas om sy kroeg se naam te verander.

Om eerlik te wees dit is nie asof die naam van ’n kroeg diere benadeel of enige probleme veroorsaak nie, sê Mike Newton.  As die naam van die kroeg aanstootlik was sou hulle dalk ’n saak gehad het, maar 'The Old Bulldog' is na die kroegeienaar se hond vernoem.

Newton van die Staffordshire-kroeg, wat voorheen The Sea Lion was, het ’n brief van PETA – People for the Ethical Treatment of Animals – gekry om die naam te verander.

“Ons sal selfs bydra om die naam en logo te verander. Honde met ’n platgesig haal moeilik asem, snork, hoes en word maklik moeg," sê PETA in die brief.

“Ek het die naam meer as ’n jaar gelede verander en gaan nie nou onder die druk swig om dit weer te verander nie. Ek het begrip vir dierewelsyn, maar ons nasionale simbole moenie aangeval word nie,” sê Newton.

“Die meeste van die honde is gelukkig en gesond solank as wat hul eienaars goed vir hulle sorg deur die regte kos te kry en oefening. Daar is dus geen rede hoekom daar enige verbod op hulle moet wees nie.” 

Newton en sy vriend James Knowles het die kroeg net voor die Covid-19-pandemie gekoop en besluit 'The Old Bulldog' is ’n goeie naam. 

Lees meer hier. 

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.