On Now
Weekdays 18:00 - 19:00
OFM Business Hour Olebogeng
Show Background
NEXT: 19:00 - 22:00 OFM Nights with Ashmund
Listen Live Streams

Offbeat

Weird Wide Web - 'Los die luise, ek is ’n vegan'

───   15:18 Thu, 10 Aug 2023

Weird Wide Web - 'Los die luise, ek is ’n vegan' | News Article
Foto: istockphoto.com/portfolio/Refluo

Kopluise is iets waarvan jy regtig ontslae wil raak, reg? Verkeerd! Hierdie ma wil nie die luise op haar dogter se kop verwyder nie.

’n Vrou in Australië weier om die luise op haar kind se kop dood te maak, want sy is ’n vegan.
Haar buurvrou het aan die troostannie van coach.nine.com.au geskryf en verduidelik dat haar sewejarige dogter bevriend is met die meisie langsaan maar die gesin is almal vegans.

“Ons respekteer hul keuse, maar die meisie was onlangs by ons huis en het verwoed haar kop gekrap weens die luise,” verduidelik sy in haar brief.  Sy het dit aan die buurvrou genoem, maar die het haar ingelig dat hulle nie van plan is om iets daaraan te doen nie want vegans maak nie lewendige goed dood nie.  

"My oë het behoorlik gerek toe die buurvrou sê hulle gaan die meisie se hare in die tuin uitkam sodat die luise en nete ’n kans op oorlewing het.” Die troostannie se raad was dat sy eerder voorkomend moet optree.

Lees ook: Weird Wide Web - Leeftyd se gratis toebroodjies net as jy drastiese verandering maak

"Hou op om bekommerd te wees oor jou bure se ouerskapmetodes en fokus daarop om jou gesin vry van die luise te hou. Maak jou dogter se hare styf vas en gebruik ‘n beskermende sproei.  My vriendin Rebel gebruik ’n kombinasie van opknapper, teeboom- en bloekomolies en water wat sy vir ’n week op die kinders se hare spuit sonder om dit te was.”


Die troostannie het geskerts en gesê om haarkapper te speel sal nie slim wees nie want dit sal die vegan-ma ontstel

New South Wales Health sê geregistreerde chemiese behandelings wat insekdoders bevat om luise dood te maak, is gewoonlik veilig, maar oormatige gebruik van ander middels, soos boererate en ander insekdoders kan ’n irritasie veroorsaak. Kry eerder hulp by jou apteker.

Lees meer: https://www.ladbible.com/community/weird/mum-refuses-to-kill-her-childs-head-lice-because-shes-vegan-522134-20230809

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.