On Now
Weekdays 18:00 - 19:00
OFM Business Hour Olebogeng
Show Background
NEXT: 19:00 - 22:00 OFM Nights with Ashmund
Listen Live Streams

Offbeat

Weird Wide Web - Leeftyd se gratis toebroodjies net as jy drastiese verandering maak

───   15:35 Tue, 08 Aug 2023

Weird Wide Web - Leeftyd se gratis toebroodjies net as jy drastiese verandering maak | News Article
Uitstalbeeld: battlefordreamisland.fandom.com

'n Lewenslange voorraad toebroodjies is ’n goeie aanbod, maar hoe ver is jy bereid om te gaan vir gratis toebroodjies?

Om lewenslank gratis toebroodjies te kry klink aanloklik, maar is die voorwaarde aanvaarbaar?
Die maatskappy Subway bied ’n dapper klant die kans om Subway Deli Heroes vir die res van sy lewe te kry solank die klant bereid is om sy naam na Subway te verander.

 

Die gewilde toebroodjie-kettinggroep is op soek na sy grootste aanhanger wat dalk nie meer so baie van sy eie naam hou nie. En, gratis kos is mos ’n goeie aansporing. Die vreemde kompetisie kom slegs ’n paar weke nadat hy outomatiese vleissnyers aan 20 000 van sy restaurante bekend gestel het.

Op 11 Julie het Subway ’n miljoen gratis subs weggegee om ’n nuwe toebroodjie uit te toets.
“Die afgelope twee jaar het ons meer bestanddele bygekry en elke sjef het sy eie spesiale toebroodjie gemaak. Dit het tot goeie resensies en rekordverkope gelei,” sê Trevor Haynes, president van Subway in Noord-Amerika. “Die byvoeging van vars gesnyde vleis beteken ’n beter toebroodjie en ons kan nie wag dat Amerika die verskil proe nie.”

Lees ook: Northern Cape Visual Artists hosted at the WHAG

Die Subway Deli Heroes sluit in: Titan Turkey, Grand Slam Ham, Garlic Roast Beef en The Beast.

Die kompetisie vir die naamverandering se sluitingsdatum was 4 Augustus en is op SubwayNameChange.com aangebied. Die wenner se regskoste om sy naam te verander sal deur Subway betaal word.  Ons kan nie wag om die nuwe 'Subway' te ontmoet nie.

Lees meer:  https://www.unilad.com/news/subway-offering-lifetime-supply-subs-for-name-change-512297-20230729


@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.