On Now
Weekdays 19:00 - 22:00
OFM Nights Ashmund
Show Background
NEXT: 22:00 - 23:59 Overnight with OFM
Listen Live Streams

Offbeat

Weird Wide Web - Buffy se voorvaders se stryd teen vampiere

───   15:12 Tue, 15 Aug 2023

Weird Wide Web - Buffy se voorvaders se stryd teen vampiere | News Article

Hierdie spesifieke stel bevat alles wat jy nodig het om teen 'n vampier te veg. Begin met 'n kruis en heilige water om hul vervloekte oorsprong teen te werk.

Gevolg deur ’n houtpaal, 'n geweer en toerusting om silwer koeëls te maak!  Vampieragtige wesens word al vir jare in mites, legendes en verhale beskryf, maar die vampier-gier van die 17de eeu is vandag nog sigbaar. Mense in Oos-Europa was baie bang vir vampiere. In Pole is begraafplase ontdek waar die liggame geboei was om te keer dat hulle uit die dood opstaan.

Vreemde flessies gemerk “Professor Bloomberg se nuwe serum,” “Elixir of Vitriol,” en “Vampirism” is ook gevind. Mens wonder nogal hoe iemand dit betyds vir die vampier sou kon gee. 

Aan die einde van die 19de eeu is gereedskapskissies aan reisigers verkoop om hulle teen die gevare in Oos-Europa te beskerm. Glo dit of nie, dit is eintlik in die 1970's deur prof. Ernest Bloomberg saamgestel! Dit word nou eerder as moderne kuns beskou.

Sal jy die kissie saam met jou ronddra?

Lees meer

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.