On Now
Weekdays 22:00 - 23:59
Overnight OFM
Show Background
NEXT: N/A N/A with N/A
Listen Live Streams

Offbeat

Weird Wide Web - Airbnb-reëls verstom familie

───   15:10 Wed, 16 Aug 2023

Weird Wide Web - Airbnb-reëls verstom familie | News Article

’n Gesin wat verblyf op Airbnb bespreek het, was stomgeslaan en verras toe hulle sien hoeveel reëls oral in die huis opgeplak is.

Wanneer jy reis is daar altyd ’n paar reels wat nie onredelik is nie. Van inklok- en uitkloktye tot geen partytjies nie. Maar vir een gesin het dit gelyk of hul Airbnb net vol belaglike opdragte was. Die gaste is behoorlik ingelig van wat hulle mag en nie mag doen nie.

Becky Levin Navarro het op TikTok aan haar duisende volgelinge vertel van haar ervaring by ’n gastehuis. Haar byskrif lui: “Julle, ek verstaan dit nie. Ons het die naweek by ’n Airbnb saam met ’n ander gesin gebly. Die reëls is oral opgeplak en dit lyk of elke kamer of oppervlak ’n nota op het.” Sy wys in die video 11 reëls wat in hoofletters getik is en van die woorde is onderstreep.

Lees ook: ’Arts and Culture not involved in Lemo Fest’

Becky het haar volgelinge op ’n toer deur die huis geneem. In een vertrek is ’n houtkas. “Antiek en broos. Moet asseblief nie probeer om dit oop te maak of aan te trek nie.”


Die volgende was iets wat lyk soos ’n afskorting tussen kamers. “Slegs ’n dekoratiewe stuk. Moenie aan dit raak of skuif nie. Ek is 10 000 jaar oud en sal breek as jy verkeerd na my kyk.”
Langs die bed is dit opgeplak dat niemand op die beddens mag spring nie. Ander opdragte is sekere rakke is slegs vir die eienaars se gebruik. Die mikrogolfoond mag nie oop getrek of toe gedruk word nie. Daar is selfs instruksies hoe om die marmeroppervlakke skoon te maak.

Lees ook: Cosmic question mark leaves many believing we live in a simulation.

Nog ’n vreemde versoek is dat alle meubels en beddegoed gelos moet word waar dit oorspronklik gekry is. Vir ouma se tafel is daar gevra: “Wees asseblief vriendelik en gebruik ’n plekmatjie.” Vir vlekke word aanbeveel dat die produk onder die wasbak gebruik moet word.
Die volgende een is eenvoudig belaglik: “Moenie aan die kaktus vat nie.” Dan die snaaksste: “Moenie die deur se handvatsel draai nie.”

Sedert die video in Junie geplaas is, is dit byna vyf miljoen keer gekyk, duisende het daarvan gehou en 10 000 mense het kommentaar gelewer. “Klink of hierdie goed NIE IN 'N AIRBNB MOET WEES NIE!!!!”

“Dit is hoekom ek nooit in ’n Airbnb bly nie,” sê ’n ander gebruiker. “Te veel reëls en dit sal my meer stres as ek vakansie wil hou." Maar nie almal dink dit is belaglik nie. “Dit is alles redelik verstaanbaar en ek het al gesien hoe baie mense ’n Airbnb beskadig,” verduidelik iemand in die kommentaarveld.

Lees meer

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.