On Now
Weekdays 06:00 - 09:00
The Good Morning Breakfast Shandor, Margaret and John
NEXT: 09:00 - 12:00 Mid-Morning Magic with Yolanda
Listen Live Streams

Offbeat

Weird Wide Web - 'Spieëltjie, hoe lyk ek werklik?'

───   15:07 Thu, 31 Aug 2023

Weird Wide Web - 'Spieëltjie, hoe lyk ek werklik?' | News Article
Uitgestalde beeldkrediet: youtube.com/Circus Picnic

As jy dink jy weet hoe jy lyk dan is jy waarskynlik verkeerd of so beweer die wetenskap.

Almal het al ’n selfie geneem en dan gedink dit lyk vreemd. So asof dit nie regtig jy is nie. Dit is omdat jy altyd jouself in die spieël sien en jou beeld dan omgedraai is.

Prof. Nicholas Epley wat spesialiseer in gedragswetenskap sê as jy dink jy is ’n spiertier is dit dalk nie hoe ander jou sien nie. Ai, dalk moet ons eerder hou by hoe jou ma jou altyd beskryf het. Hy is die medeskrywer van ’n studie oor hoe mense hulself sien en het bevind dat mense hul eie gesig aantrekliker sien as wat dit werklik is.

Hy het in 2014 in ’n onderhoud met The Atlantic gesê mense weet nie regtig hoe hulle lyk nie.

Lees ook: Hoërskool Jim Fouché Trompoppieklub is nou wêreldkampioen

Hulle het foto’s van mense se gesig geneem en dit elke keer met 10% meer aantrekliker laat lyk. Elke keer het die mense die veranderde foto gekies wat hulle 20% aantrekliker laat lyk.
So daar het jy dit nou, jy is dalk 20% aantrekliker as wat jy dink. Foto’s van vreemdelinge het die deelnemers egter akkuraat geïdentifiseer.

Epley sê jou idee van hoe jy lyk word ook bepaal deur die spieël en beligting wat jy gebruik. Jy sien dus jou eie beeld uit ’n ander hoek.

Lees meer


@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.