On Now
Weekdays 19:00 - 22:00
OFM Nights Ashmund
NEXT: 22:00 - 23:59 Overnight with Oscar
Listen Live Streams

Offbeat

Weird Wide Web - Japanse wetenskaplikes wil tifone verswak

───   15:16 Tue, 05 Sep 2023

Weird Wide Web - Japanse wetenskaplikes wil tifone verswak | News Article
Uitgestalde beeldkrediet: engoo.com

Orkane en tifone in die Atlantiese Oseaan en Stille Oseaan word volgens wetenskaplikes sterker weens klimaatsverandering.

Wetenskaplikes in Japan sê daar is ’n manier om hierdie storms in ’n seëning te verander. Onder leiding van Hironori Foedeyasoe van die Yokohama Nasionale Universiteit  is die navorsingsprojek Typhoon Shot daarop gemik om maniere te vind om tifone te beheer of te verswak. Dit kan dalk ook teen 2050 krag opwek.

Die idee is nie nuut nie. In 1947 is ’n Amerikaanse eksperiment Project Cirrus gebruik om ’n tifoon te verswak deur verskeie stowwe in die wolke te plaas– meestal om dit te laat reën. Die doel was om ’n orkaan te verswak deur droë ys – soliede koolstofdioksied – in die wolke te plaas. Ongelukkig het die tifoon van rigting verander en $2 miljoen se skade in Georgië aangerig.

Tifone vorm wanneer die see warm is en navorsers oorweeg dit om koue water van diep onder in die see op te pomp om die tifoon se sterkte te verminder. Hulle wil ook onbemande vaartuie in die swakker deel van die tifoon laat vaar sodat krag met hul skroewe opgewek kan word.
Ander kenners twyfel egter oor die navorsing.

Die wetenskaplike Moshe Alamaro het aan The Japan Times gesê die probleem is dat “beheerde eksperimente moeilik is, indien nie onmoontlik nie."


Hy sê wetenskaplikes kan nie bewys of enige verandering in ’n tifoon deur hul eksperiment veroorsaak word of net ’n natuurlike gevolg is van die onvoorspelbare weerstoestande nie. Die gevaar is dat dit politieke gevolge kan inhou as ’n orkaan onbeplan na ’n ander land herlei word. Dit kan ook onbekende gevolge op lang termyn inhou.

Lees meer

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.