On Now
Weekends 09:00 - 12:00
Classic Sundays Tony
NEXT: 12:00 - 16:00 Classic Sundays with Christie
Listen Live Streams

Offbeat

Weird Wide Web - Bigfoot bly toe nie hier nie!

───   15:16 Wed, 06 Sep 2023

Weird Wide Web - Bigfoot bly toe nie hier nie! | News Article
Uitstalbeeldkrediet: ladbible.com

’n Man van die Amerikaanse deelstaat Alabama het 50 jaar die inwoners van Brantley laat glo Bigfoot is ook ’n inwoner.

Almal bak soms vir iemand ’n poets soos om hulle die verkeerde klere te laat dra vir ’n spesifieke geleentheid of om iemand se kamer in foelie toe te dra. Dit gebeur egter baie min dat ’n hele dorp se inwoners vir dekades geflous word.

Eugene Hendrick het inwoners van Brantley 50 jaar laat glo dat Bigfoot ook daar bly. Hy het die plan in die 1970’s beraam. .

Lees ook: Weird Wide Web - Japanse wetenskaplikes wil tifone verswak

“Ek het ’n paar groot voete gemaak en skoene aan hulle vasgemaak en langs die rivier geloop sodat daar voetspore kon wees. Ek het ook merke in die bome gemaak wat soos krapmerke gelyk het,” sê hy. Die inwoners was oortuig iets buitengewoon het gebeur en die polisie en honde-eenheid het met ’n soektog begin.

Jimmy McGinty was nog ’n kind toe die geheimsinnige Bigfoot kom “kuier” het. Hy onthou die ongewone spore op die sandbank en hoe hy gewonder het of hy dit regtig sien.

Hendrick het gesien hoe die gemeenskap vreesbevange raak en besluit om sy streke te laat staan. Hy het die voete en skoene gebêre en dit tot 2017 geheim gehou.

Toe die Old Gin Greek County-winkel besluit om ’n monster-burger genaamd  'The Sasquatch Burger' te verkoop het hy besluit dit is tyd vir die waarheid. McGinty kon nie glo dit was hy agter dit alles sit nie. Die winkel het voortgegaan om steeds Bigfoot-goedere te verkoop. ’n Reusebeeld van Bigfoot is gemaak en Hendrick het die voorreg gehad om dit te verf.

Maar steeds glo van die inwoners dat daar nog steeds ’n vreemde wese tussen hulle bly.

Lees meer

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.