On Now
Weekends 06:00 - 09:00
Weekend Breakfast Gerben and Anny
NEXT: 09:00 - 12:00 The Central SA Top 30 with Laurika
Listen Live Streams

Offbeat

Weird Wide Web - Dink mooi voor jy in die Filippyne sing!

───   15:17 Mon, 11 Sep 2023

Weird Wide Web - Dink mooi voor jy in die Filippyne sing! | News Article
Uitstalbeeldkrediet: ladbible.com

As jy van karaoke hou en dink jy is baie goed. Moenie sommer enige liedjie in die Filippyne sing nie. Daar is een spesifieke liedjie wat moontlik jou dood kan veroorsaak.

Baie mense hou van karaoke omdat dit vir hulle die geleentheid bied om hul gunstelingliedjie te kan sing.

Alles is egter nie net maanskyn en rose nie, want daar is een spesifieke karaoke-liedjie wat glo “verantwoordelik” is vir mense se dood. En, die betrokke liedjie?

Dit is niks anders as een van Frank Sinatra se grootste treffers  'My Way'. Die afgelope paar dekades het die ballade van 1960 ’n sinistere wending geneem met verskeie gewelddadige voorvalle in die Filippyne.  

Lees ook: Weird Wide Web - Kilimanjaro-klimmers samel geld in vir reddingspanne

Dit het niks te doen met aspirant-sangers wat die lirieke en harmonie verander weens te veel alkohol nie. Die “My Way Killings” bestaan sedert 1998 omdat minstens 12 mense al indirek dood is weens die liedjie. In 2007 is Romy Baligula (29) deur die veiligheidswag Robilito Ortega (43) by ’n kroeg in San Mateo, Riza, doodgeskiet.

In die middel van die liedjie het die veiligheidwag hom gewaarsku om op te hou want hy sing vals. Hy het geweier en aangehou sing. Die veiligheidswag het sy vuurwapen uitgepluk en hom direk in die bors geskiet het. Die geweld het so toegeneem dat van die kroeë besluit het om “My way” van hul karaoke-lys af te haal.

Lees ook: What's on the menu - Fondant-aartappels

Vir ’n rukkie kon almal die liedjie in vrede sing tot in 2018. ’n Bejaarde man het probeer om dit by ’n verjaarsdagpartytjie te sing maar is deur ’n ander man met ’n mes gesteek.

Geen wonder daar word op sosiale media gewaarsku dat dit een liedjie is wat jy nooit in die Filippyne sing nie. Dit word in die meeste kroeë verbied en as dit nie verbied word nie is mense huiwerig om dit te sing.

Die rede hoekom “My way” hulle ontstel is steeds ’n raaisel.

Lees meer

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.