On Now
Weekends 09:00 - 12:00
The Central SA Top 30 Laurika
NEXT: 12:00 - 16:00 Saterdag Siësta with Ashmund
Listen Live Streams

Food

What's on the menu - Fondant-aartappels

───   17:35 Thu, 31 Aug 2023

What's on the menu - Fondant-aartappels | News Article
“Pommes de terre fondantes” of fondant-aartappels.

Hierdie week wys sjef Maradine ons hoe om fondant-aartappels ( Pommes de terre fondantes) te maak!

Bestanddele

6 medium aartappels

1 eetlepel olyfolie

200 g botter in blokkies gesny

4 groot knoffelhuisies, fyngedruk

2 takkies roosmaryn

2 takkies tiemie

200 ml hoender- of groenteaftreksel


Metode

Sny die punte van die aartappels af sodat hulle weerskante plat kan lê.

Verhit die olie in 'n pan oor medium tot lae hitte. Wanneer warm, voeg die aartappels met snykant na onder by. Braai vir 5 tot 7 minute of tot diep goudbruin. Draai dan om en braai aan die ander kant. Voeg die botter by die pan om te smelt.

Gooi die knoffel en kruie rondom die aartappels en geur goed. Gooi die aftreksel versigtig om die aartappels. Wees versigtig dat die warm botter nie op jou spat nie. Bedek en prut liggies vir 25 tot 30 minute of tot die aartappels sag is. 

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.