Offbeat
Weird Wide Web – Vrou se nagmerrie danksy 'Chewbacca-kompetisie'─── 15:11 Wed, 13 Sep 2023
’n Vrou was geskok nadat sy oorval is met oproepe van mense wat voorgee dat hulle Chewbacca is.
Taylor Paige van Sydney soek antwoorde nadat iemand haar selfoonnommer uitgegee het. Sy is oorval met oproepe deur mense wat dié karakter van Star Wars naboots. Van die mense het haar vertel dat hulle haar selfoonnommer op ’n plakkaat in die straat gesien het.
Op die plakkaat het gestaan enigeen wat die karakter kan naboots sal die kans staan om $100 te wen. Paige het hulle gesmeek om haar nie te bel nie want dit is nie sy wat die kompetisie gereël het nie. Die ergste is sy hou nie van Star Wars nie.
Lees ook: Leon Schuster is 'Die Bokmasjien'
Intussen het niemand nog uitgevind wie haar so ’n lelike poets gebak het nie. Die soort grap is niks nuut nie. ’n Paar jaar gelede het ’n vrou met die naam Jessica bekendgemaak dat haar gewese kêrel haar selfoonnommer op plakkate geplaas het.
Sy het aan 9News gesê sy het op die vreemdste tye van die dag oproepe gekry. “Ek het aanvanklik gedink dit is nogal ’n goeie grap.” Jessica het gevra dat mense die plakkate moet afhaal.
Paige sê dit klink presies soos wat met haar gebeur het, maar die verskil is sy het geen idee wie dit gedoen het nie. Sy beskou dit as teistering en wil hê iemand moet aanspreeklikheid daarvoor aanvaar.
