On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki and JayBee
Show Background
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Offbeat

Weird Wide Web - Boerpotwenners se hond beïnvloed hul motorkeuse

───   15:40 Tue, 19 Sep 2023

Weird Wide Web - Boerpotwenners se hond beïnvloed hul motorkeuse | News Article

Viv Moss van Newquay in Engeland het in 1998 meer as £6 miljoen gewen en die meevaller met haar hond, Stanley, gedeel.

Sy het aan Cornwall Live gesê sy het besluit om haar agt jaar oue Ford Focus vir ’n afslaankap te verruil.

Die verkoopsman Rupert was baie verbaas toe sy noem hulle sal kontant vir die motor betaal. “Jy het pas die lottery gewen of ’n onderneming gekoop,” was sy reaksie.

“My Labrador, Stanley, het egter nie van die wind in sy ore gehou nie en ons het toe maar op ’n Bentley besluit.”

Moss sê om die lotery te wen kan vergelyk word met iemand se skielike dood. Die druk was so groot dat sy twee weke lank siek was en ook diarree opgedoen het. Sy het ook baie gewig verloor. Wie sê baie geld maak jou lewe makliker?

Lees meer

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.