Offbeat
Weird Wide Web – Tandarts spog met vreemde versameling─── 15:13 Tue, 26 Sep 2023
Die vreemdste twee wat hy onlangs gekoop het is vir kinders bedoel met die vreemde geure van “ruimtewesens se bloed” en “oogbalsap”.
’n Tandarts het sy wêreldrekordtitel vir die grootste versameling tandepastabuisies behou. Val Kolpakov, ’n tandarts van Alpharetta, Georgië, het 'n versameling van duisende tandepastabuisies, sê Guinness World Records in ’n verklaring.
Kolpakov is op 15 Junie 2012 vir die eerste keer as die wêreldrekordhouer erken en niemand kan hom onttroon nie. Sy versameling 2 037 tandepastabuisies kom van oor die wêreld heen.
“Ek het met my versameling in 2001 begin om as tandarts meer te wete te kom oor alle beskikbare tandepasta op die mark,” het Kolpakov aan Guinness World Records gesê.
Hy het gou besef dit is ’n interessante stokperdjie. Sy versameling sluit in tandepasta van Japan, Suid-Korea, China, Indië, Rusland en Duitsland. Kolpakov skat sy versameling is meer as $30 000 werd. ’n Deel van sy versameling word by sy praktyk uitgestal en die res by sy huis.
Lees ook: 7de Laan: Aanhangers beplan vreedsame betoging by SAUK-hoofkantoor
Die vreemdste geure is whiskey, sjokolade, roos, wasabi, bamboes en spek. Daar is ook unieke vorms of kunswerke van handelsname. Hy besit ’n vuurpylvormige tandepastabuis, ’n pak krytvormige tandepastabuisies van Crayola en die fiktiewe tandepastabuisie Brenner's wat in die TV-reeks Prison Break gebruik is.
Hy besit ook tandapasta wat uit die loopgrawe van die Tweede Wêreldoorlog kom en wat ruimtevaarders gebruik het. Hy kry ook baie van ander versamelaars.
Lees ook: What's on the menu – perfekte slaaie vir jou braai
Hy doen ook aankope op eBay of Amazon wanneer hy unieke tandepasta sien. Die vreemdste twee wat hy onlangs gekoop het is vir kinders bedoel met die vreemde geure van “ruimtewesens se bloed” en “oogbalsap”.
Kolpakov erken hy was nog nie dapper om dit uit te toets nie.
