Offbeat
Vrou dagvaar Disney World ná ernstige "wedgie-besering”─── 15:12 Wed, 11 Oct 2023

’n Vrou het Walt Disney Parks and Resorts gedagvaar nadat sy ernstige beserings op ’n waterglybaan by Disney World in die Amerikaanse deelstaat Florida opgedoen het.
Emma McGuinness was in Oktober 2019 op 'n gesinsuitstappie by Disney World in Florida om haar 30ste verjaarsdag te vier. Sy het by die Typhoon Lagoon-waterpark se vinnigste en hoogste glybaan, Humunga Kowabunga, afgegaan. In die proses het haar baaikostuum tussen haar bene opgetrek.
McGuiness het skade aan haar inwendige organe opgedoen en ’n skeuring het veroorsaak dat haar derm by haar maagwand uitgesteek het. Die saak is verlede week in Orange County in Florida aanhangig gemaak. Sy beskuldig Disney van nalatigheid omdat hulle nie mense waarsku teen die risiko van sulke beserings nie en ook nie beskermende klere soos kortbroeke verskaf het nie. Sy eis minstens $50 000 in skadevergoeding. Walt Disney World het nie nog nie hierop gereageer nie.
Lees ook: Weird Wide Web - Gebore op dieselfde dag maar nie drieling nie
Op die Humunga Kowabunga-waterglybaan kan jy teen ’n spoed van 48 km/h afgly.
Disney se webtuiste beskryf dit as die rit van jou lewe teen ’n hoek van 60 grade. Jy durf die rit in die donker aan en die veiligheidsbeleid is dat niemand skoene of ’n bril mag aan hê nie.
Besoekers word opdrag gegee om hul enkels te kruis om die risiko van beserings te verminder. Sy het die rit in die aanbevole posisie begin, maar toe sy deur die glybaan gegaan het, het haar liggaam opgelig wat veroorsaak het dat haar enkels nie meer gekruis was nie.
Die impak van die stilstaande water aan die onderkant van die glyplank het veroorsaak dat haar swembroek tussen haar bene opgetrek het en dat water met ’n geweldige impak binne haar beland het.