Offbeat
Weird Wide Web – Ouers omgekrap oor restaurant se beleid oor 'swak ouers'─── 15:17 Mon, 30 Oct 2023
'n lAmerikaanse restaurant volstaan by sy jare lange beleid oor ouers wat nie hul kinders in sy restaurant kan beheer nie.
Die Toccoa Riverside Restaurant in Blue Ridge in die Amerikaanse deelstaat Georgia het ’n plan bedink met klante wie se kinders hulle nie kan gedra nie. Weggesteek aan die onderkant van sy spyskaart wys die restaurant klante daarop dat hy ’n fooi hef vir swak gedrag. Dit word aangedui met drie dollarsimbole langs die woorde: “Vir volwassenes wat nie goeie ouers is nie.” Op die spyskaart staan ook: “Geen respek, geen diens.”
Van die klante was geskok toe die rekening kom en hulle skielik meer moes betaal. Kyle Landmann sê aanlyn in sy resensie oor die restaurant: “ "Die eienaar het vir my gesê hy hef $50 by my rekening weens my kinders se gedrag.
“My kinders het op ’n tablet gespeel totdat die kos gekom het. Ná ete het my vrou hulle buite geneem terwyl ek die rekening gaan betaal het. Sy vrou, Lyndsey, het aan NBC News Today gesê sy onthou nog hoe sy gedink het dit is onmoontlik. “Die kinders het hulle goed gedra en ek het dit selfs tydens die ete genoem.”
Lees ook: 'Get It Bloemfontein' celebrates timeless beauty in November
Die eienaar het self kom verduidelik wat die probleem was. Lyndsey sê haar eerste gedagte was hy gaan hulle komplimenteer omdat hul kinders so gehoorsaam was. Hy het egter beweer die kinders is luidrugtig en het buite gehardloop
“As jy kinders het, vermy hierdie plek ten alle koste,” sê nog ’n klant Danielle Hampy.
“Die eienaar het ’n groot bohaai gemaak voor almal in die restaurant dat ons kinders in die restaurant gehardloop het en ons aangeraai om eerder na Burger King te gaan omdat ons slegte ouers was.”
Sky News het die restaurant genader om kommentaar maar hulle het nie gereageer nie. ’n Werknemer het wel aan NBC News gesê hulle gaan nie reageer op hul jare lange beleid nie.
